Sunday , January 17 2021
Cheap domain registration and hosting!

Amarula Goud vonkel vir Valentynsdag!

Sê dit ronduit en met trots: “Wees my Valentyn” met ʼn verfrissende vonkelkelkie gemaak met Amarula Gold, die fors-goue aperitief met ʼn smaak geheel sy eie.Red Head white background LR

Amarula Gold is ʼn avontuurlike nuwe weergawe van die Afrika-smaak van die wild- groeiende maroelavrugte – so anders as wat jy al ooit geproe het. Geurig, pikant en sag, met 30% alkohol per volume en geen room nie.

Meng dit met vonkelwyn en ontdek sy aromatiese vrugtigheid en verleidelike speserygeure.
Of giet dit oor ys, met sodawater, met Appletiser, bosbessie- of grenadellasap. Hoe jy dit ook al verkies, dit gaan jou hart steel.

Resep: Pienk Goud
Bedien een

Bestanddele
50 ml Amarula Gold
125 ml droë vonkelwyn (J.C. Le Roux Brut)
5 ml (ʼn titseltjie) Cassis
Maraschino-kersie of vars bessie vir versiering (opsioneel)

Metode
Skink die Cassis en daarna die Amarula Gold in ʼn lang sjampanjeglas. Maak vol met vonkelwyn en versier met ʼn maraschino-kersie of ʼn vars bessie (opsioneel).

Resep: Rooikop
Bedien een

Bestanddele
50 ml Amarula Gold
150 ml bosbessiesap
25 ml gemmerlim
Ysblokkies
Vars aarbeie vir versiering (opsioneel)

Metode
Maak ʼn mengeldrankieglas vol ys, voeg die Amarula Gold by en vul die glas vir twee derdes met bosbessiesap en dan tot bo met gemmerlim. Versier met aarbeie in skuifies gesny (opsioneel).

Besoek www.amarula.com/gold vir meer inligting oor die handelsmerk.
Volg Amarula Gold op Facebook (www.facebook.com/theamarulagold) en Twitter (www.twitter.com/amarulagold).

Gesels saam deur #MarulaLove te gebruik.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

2020 wine & food tourism-vereerdes toon ware vasberadenheid in die aangesig van die pandemie

“Daar’s niks soos ’n krisis om die verstand te fokus nie,” sê die toerismekenner, Margi …

Pull up a chair and top up your wine know-how during COVID-19 lockdown

Wine lovers from around the country topped up their wine knowledge during the first online …

Leave a Reply

Your email address will not be published.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.