Die plaaslike koskenner Claire Allen het die smaak en voorkoms van ʼn tradisionele plaaslike nagereg opgedollie deur die kunstige gebruik van Amarula Cream en Amarula Gold (haar huidige gunsteling-bestanddele vir sout- en nageregte). Sy het haar ouma se goeie ouderwetse asynpoeding ʼn hedendaagse skop gegee met ʼn eg Suid-Afrikaanse geur.
Sy belowe dis gou en vinnig om voor te berei. Maar sy waarsku ook dat jy oor en oor gevra gaan word om dit te maak omdat dit so onweerstaanbaar lekker is.
BESTANDDELE
Poeding
250g koekmeel
Knypie sout
100ml suiker
25ml botter (gesmelt)
2 eiers (geklop)
10ml koeksoda
50ml asyn
100ml Amarula Gold
100ml appelkooskonfyt
400ml melk
400ml kookwater
300g suiker
150ml Amarula Cream
roux (10ml botter en 5ml meel)
Voorverhit die oond tot 180°C. Jy kan een groot poeding maak of ʼn klompie kleintjies.
METODE
Sif die droë bestanddele, voeg die botter en eier by en meng deeglik.
Voeg die koeksoda, asyn en konfyt by. Meng tot die konfyt behoorlik versprei het.
Verhit die stroop in die pot – moenie die roux byvoeg nie.
Giet die helfte van die stroop in ʼn bakskottel met ʼn deursnee van 21 cm (met botter gesmeer of gespuit met kossproei) of in 12 kolwyntjiepannetjies.
Druip die beslag lepelsgewys en bak vir 10 tot 12 minute of tot die beslag deurgekook het.
Voeg die roux by die stroop en verhit, laat dit verdik en sit eenkant.
Verwyder die dessertbord terwyl warm en giet die Amarula-stroop oor.
Bedien met gietroom en selfs bessies. Voeg Hokey Pokey-heuningkoek by vir tekstuur.
Hokey Pokey
BESTANDDELE
¼ koppie wit suiker
2 eetlepels gouestroop
1 teelepel koeksoda
METODE
Bedek ʼn snyplank met ʼn vel bakpapier en plaas eenkant.
Plaas die suiker en stroop in ʼn pot op medium hitte, verhit stadig en roer tot die suiker opgelos is. Verhoog die hitte en bring die mengsel tot kookpunt, roer af en toe indien nodig. Kook vir twee minute. Die suikermengsel kan maklik aanbrand so hou dit fyn dop. Indien nodig, haal dit van die plaat af.
Die volgende deel is pret so maak seker die kinders kyk. Warm suiker kan egter lelik brand so wees baie versigtig. Voeg die bakpoeier by en klits vinnig. Die mengsel sal begin skuim soos ʼn vulkaan.
Giet die mengsel uit op die bakpapier en laat dit afkoel en hard word. Breek in stukke. Bêre wat jy nie onmiddellik gebruik nie, in ʼn lugdigte houer. Moenie dit in die yskas hou nie.
Besoek haar blog http://www.foodislove.co.za vir meer inligting oor Claire Allen of kontak haar by claire@claireallen.co.za
Besoek www.amarula.com vir meer resepte, geskenkidees en interessante agtergrond omtrent Amarula.
Volg Amarula op Facebook (www.facebook.com/AmarulaSouthAfrica) en Twitter (www.twitter.com/amarula).
Gesels saam deur #AmarulaMoments te gebruik.