Woensdag , Oktober 16 2019
Home / Afrikaanse Musiek / Alternatief is GROOT!

Alternatief is GROOT!

Alternatiewe musiek is ‘n genre wat hom nie laat voorskryf nie. Vanuit hierdie vryheid vloei oorspronklike klanke, opregte lirieke en ‘n vuur wat nie deur die hoofstroom ingeperk kan word nie. Van hierdie musiek verwerf kommersiële sukses en sommige nie, maar die unieke liedjies skep ‘n lewenslange liefdesverhouding met sy luisteraars.

Om hulde te bring aan hierdie genre, het Coleské Artists ‘n uitsonderlike versameling van ou en nuwe Suid-Afrikaanse alternatiewe musiek met die hand uitgesoek en op ‘n massieve dubbel album aangebied – Alternatief is Groot.

38 Fantastiese redes om jou naaste musiekwinkel te besoek

Die 38 uitgesoekte liedjies op Alternatief is Groot ontlok ‘n verskeidenheid gevoelens en herhinderinge.

Neem ‘n nostalgiese reis terug na waar alles ontstaan het met die legendariese liedjies deur Johannes Kerkorrel (Hillbrow) en Koos Kombuis (Johnny is nie dood nie) wat huidige alternatiewe sterre soos Francois Van Coke and Karen Zoid (Toe vind ek jou) en Die Heuwels Fantasties (Sy) inspireer het.

Neem ‘n blaaskans met ou gunstelinge soos Wonderboom se Africa, Eyeshadow deur Valiant Swart of AKING se Against All Odds. As jy ‘n moeilike dag gehad het, sing die epiese Ek Skyn(Heilig) deur Fokofpolisiekar of Taxi Violence se Beaten by the Gun uit volle bors.

As jy lus is vir ‘n partytjie, sit Pretoria Girls deur Desmond and the Tutus, Come with me now deur Kongos of Jack Parow en Gazelle se Hosh Tokolosh aan. As dit ‘n ballade is wat jy nodig het, sal Jan Blohm se Groen Trui of Springbok Nude Girls se Blue Eyes jou siel streel.

Die speellys gaan van krag tot krag met nommers deur Matthew Mole, Nkhane Toure, Mi Casa & Euphonik, Bittereinder, Bouwer Bosch, Van Coke Kartel, eVoid, Loki Rothman & Pierre Greeff, Laudo Liebenberg, Twee, THIEVE, Sugardrive, Jax Panik, Nagligte, Gazelle, Straagligkinders, Albert Frost, Just Jinger, Ryno Velvet Band, Lukraaketaar, Klopjag en Die Tuindwergies.

Alternatiewe musiek omarm vele sub-genres en die meeste van hulle is te kry op hierdie dubbel album…

Snitlyste:

Besoek ou herhinderinge en maak nuwes met hierdie onvergeetlike album waar jy nie enige van die liedjies sal wil oorslaan nie:

CD1:

  1. Toe vind ek jou – Francois van Coke ft. Karen ZoidCOVER
  2. Dit stop nou – Nagligte
  3. SY – Die Heuwels Fantasties
  4. Take yours, I’ll take mine – Matthew Mole
  5. Pretoria Girls – Desmond & The Tutus
  6. Don’t wanna be your friend – Mi Casa ft Euphonik
  7. Dinosaur – Jax Panik ft. Korianda & Daddy Spencer
  8. Come with me now – Kongos
  9. Hopelik – Bouwer Bosch
  10. Tot die son uitkom – Van Coke Kartel
  11. Shadows – eVoid
  12. Africa – Wonderboom
  13. Hillbrow – Johannes Kerkorrel & die Gereformeerde Blues Band
  14. Johnny is nie dood nie – Koos Kombuis
  15. Eyeshadow – Valiant Swart
  16. Against All Odds – aKING
  17. Groentrui – Jan Blohm
  18. My Kamer – Loki Rothman ft. Pierre Greeff
  19. Hosh Tokolosh – Jack Parow ft Gazelle

CD 2:

  1. Lang pad na later – Laudo Liebenberg
  2. Ek Skyn (Heillig) – Fokofpolisiekar
  3. Ek Sweer – Twee
  4. Wild Western Cape – THIEVE
  5. The Plague – Nakhane Toure
  6. Blue eyes – Springbok Nude Girls
  7. Disco Lazarus – Sugardrive
  8. Die Verlore Seun – Gazelle
  9. Die Dinkdansmasjien – Bittereinder
  10. Sugarman – Just Jinjer
  11. Hello – Prime Circle
  12. Beaten by the Gun – Taxi Violence
  13. Devils and Gods – Albert Frost
  14. Kan ek met jou dans – Straatligkinders
  15. Afrikaners is plesierig – Karen Zoid
  16. Ai my lam – Ryno Velvet Band
  17. Om te kan – Lukraaketaar
  18. 24 uur – Klopjag
  19. Kopskudkinders – Die Tuindwergies

#AlternatiefisGroot

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Douvoordag sing oor geloof, vergifnis en aanvaarding in nuwe enkelsnit!

Die gewilde duo, Douvoordag (Jattie & Ilse de Beer), sing oor geloof, vergifnis en aanvaarding in hulle …

Nuwe enkelsnit Die Heelal met Janie Bay en Early B pas uitgereik!

Die gewilde sangeres Janie Bay het pas haar tweede enkelsnit in 2019 uitgereik. “Die Heelal”, …