Maandag , Februarie 18 2019
Home / Afrikaanse Musiek / Alternatief is Groot word gebore en studente kan die jaar behoorlik afskop

Alternatief is Groot word gebore en studente kan die jaar behoorlik afskop

Studente in Pretoria wat teleurgesteld is dat hulle nooit die destydse JOOL in volle glorie sal ervaar nie, kan hulself nou gereedmaak vir ’n reusebederf met Alternatief is Groot wat vanjaar die lig sien. Dié produksie gaan aan studente en liefhebbers van alternatiewe musiek die geleentheid gee om 2019 ordentlik binne te tree.

Die vervaardigers van die gesogte Afrikaans is Groot-konserte en soortgelyke produksies, bied vir die eerste keer Alternatief is Groot op Saterdag, 16 Februarie aan. Dit sal op Loftus se D-veld, net na afloop van die Super Rugby-kragmeting tussen die Bulls en die Stormers, plaasvind.

“Ons dink daar is onder aanhangers van dié musiek-genre ’n groot behoefte vir ’n produksie van uitstaande gehalte. Verder wil ons, as maatskappy wat gehalte-konserte aanbied, ook aan alternatiewe kunstenaars ’n platform bied om hul staal te wys. Ons wil ook aan studente in die omgewing – veral na die stille uitsterwing van TUKS se JOOL – ’n lekker partytjie aanbied om die jaar behoorlik af te skop,” het Arnold Coleske, uitvoerende vervaardiger van die konsert, verduidelik.

Van die grootste name in die alternatiewe mark gaan almal op een verhoog wees en konsertgangers kan uitsien na kunstenaars soos  Francois van Coke, Die Heuwels Fantasties, Jan Blohm, Early B, Sunset Sweatshop, Straatligkinders en Jack Parow.

“Dit is lekker dat Alternatief is Groot weer JOOL na Pretoria toe bring! Te lank was Potch die enigste JOOL-jol. Let’s go Pretoria!” het Pierre Greef van Die Heuwels Fantasties laat hoor.

Alternatief is Groot word met trots aangebied deur die musiekstroom-toep, JOOX, en ondersteun deur borgskappe van We Buy Cars, Beeld en Via (kanaal 147).

Die konsert vind op 16 Februarie vanaf 19:30 op Loftus Versveld se D-veld plaas. Daar word 1 000 kaartjies as Early Bird-kaartjies teen slegs R120 beskikbaar gestel. Daarna kos kaartjies R195 per persoon. Vir diegene wat ook die rugbywedstryd tussen die Bulls en Stormers wil kyk, is daar ’n Gig & Game-kaartjie teen R245 beskikbaar wees. Kry jou kaartjies by Computicket, Shoprite/Checkers, of House & Home. Wees waaksaam teen derde partye wat kaartjies aanbied.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Kerry Lee praat uit oor haar beter helfte met nuwe enkelsnit!

Na die suksesse van haar vorige album wat treffers soos ‘Shut up en soen my’ …

Burgerd Botha stel nuwe enkelsnit bekend!

Burgerd Botha het pas sy volgende enkelsnit, Vat My Huistoe vrygestel en beloof om luisteraars …