Woensdag , Augustus 15 2018
Home / Afrikaanse Musiek / Al gehoor van Chris Rain? Dis hoogtyd!

Al gehoor van Chris Rain? Dis hoogtyd!

Chris Rain se debuutalbum wat in Februarie 2016 vrygestel is, bevat oorspronklike materiaal asook sy weergawes van Jan Blohm se ‘Groentrui’ en Johannes Kerkorrel se ‘Hillbrow’.

Die vollengte album verteenwoordig ‘n afwyking van Chris se gewone repertoire van blues, wat steeds die steunpilaar van sy optredes is. “Dit is ‘n tuiskoms,” sê Chris. “Dis musiek uit die hart.

Die album bestaan uit 10 snitte wat opgeneem is by die sangpaar Wynand & Chereé Strydom se Fine Tune Studio in Langebaan op die Weskus, en is verwerk deur vervaardiger Wouter van de Venter. Die oorspronklike musiek en lirieke is gesamentlik deur Chris Rain en Wouter van de Venter geskryf.Chris Rain 1

Die produk weerspieël die noue samewerking van hierdie twee kunstenaars.

Die titelsnit ‘Rooiborsduif, is ‘n huldeblyk aan die bekende digter Breyten Breytenbach en verwys ook na die ‘Bôrdienghuis’ op Wellington, wat Breyten se tuiste as kind was.

Met ballades soos Droom, & Voel jy nog iets vir my, asook lekker kuier liedjies soos Van gat lê, Blomme kind & Myne, is hierdie beslis ‘n lekker luister album vir Afrikaanse musiekliefhebbers.

Twitter Hashtag: #Rooiborsduif
Facebook

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Martin Bester wil net wees wie hy is, sonder toestemming!

Net wanneer jy dink dat Martin Bester jou nie nog meer kan beïndruk nie, verras …

Leon Gropp stel nuwe musiekivdeo op unieke wyse bekend!

Leon Gropp se eerste solo-enkelsnit, BAKENLIG, is reeds ‘n paar weke gelede met groot sukses …