Dinsdag , Oktober 23 2018
Home / Afrikaanse flieks en Teater / Afrikaansdotcom – ons wys jou dat taal pret is maar ook aktueel!

Afrikaansdotcom – ons wys jou dat taal pret is maar ook aktueel!

Gaan kyk gerus na hulle oulike Taalpret-blad  en speel saam. Kliek hier. Daar is ’n paar afdelings om uit te kies:

Woord van die Week – word deur die WAT verskaf. Hier leer jy meer oor ’n woord se oorsprong en gebruik.

Viva se Varsgebek-inisiatief – verseker dat ons taalskatte nie verlore gaan nie en menige sêding prikkel die lagspiere.

Kopkrappers – toets jou kennis (die illustrasies maak dit nog lekkerder).

Trivia – toets jou kennis oor uitdrukkings en gesegdes.

Liedjietrivia – toets jou musiek- en liedjiekennis met behulp van oulike animasieprentjies.

En terwyl jy nou reeds op www.afrikaans.com rondsnuffel, gaan kyk sommer hier ook en luister na Pieter Cloete se halfuur lange Afrikaans Aktueel-radioprogramme wat weekliks op verskeie gemeenskapsradiostasies uitgesaai word. Afrikaans.com vier die hoogtepunte op die Afrikaanse kalender, fokus op interessante taalnuus en gesels met verskilmakers en organisasies wat Afrikaans bevorder en uitbou.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Waarna jy kan uitsien in BINNELANDERS in November!

Donderdag, 1 November (Episode 104/3120) Nina veroorsaak dat Jax hospitaal toe trek, en Mercia deel …

STROOMOP nou op DVD en DSTV Box Office beskikbaar!

Die opwindende avontuurverhaal, STROOMOP (Ivan Botha se regisseursdebuut) wat deur 116 999 kykers ondersteun is …