Thursday , November 26 2020
Cheap domain registration and hosting!

Afrikaans gaan Global! Moenie dit mis nie!

’n Lewendige stroomkonsert, Afrikaans Gaan Global, sal op Saterdag, 5 September, grense oorskry om verligting te skep onder die donker COVID-19-wolk. Hierdie vertoning is uniek in sy soort met 12 ure se ononderbroke topgehalte vermaak met 25 van die land se grootste kunstenaars onder andere Kurt Darren, Theuns Jordaan, Juanita du Plessis, Karlien van Jaarsveld, Elandré, Jay, Refentse, Robbie Wessels, Ricus Nel, Dirk van der Westhuizen, Brendan Peyper, Christia Visser en vele meer.

Hierdie regstreekse konsert sal deur aanlyngehore regoor die wêreld geniet kan word en aanhangers in Australië, Nieu-Seeland, Europa, Engeland, Kanada, VSA en natuurlik almal van regoor Suid Afrika en Namibië gaan inskakel om in dié aanlyn mega-fees te deel.

“Daar is soveel byeenkomste wat voor die inperking gekanselleer is en daar is min mense wat nié deur dié pandemie geraak word nie. Hierdie is ’n wonderlike inisiatief en ons as Suid-Afrikaanse kunstenaars kan nie wag om weer terug op die groot verhoog te klim nie, ons weet ons lojale ondersteuners is uitgehonger vir musiek, braai en samesyn,” het Kurt Darren, gesê.

’n Groot aantrekkingskrag is die Afrikaans Gaan Global raffel-kaartjies! Daar is massiewe pryse op die spel! Dié pryse sluit in:

  • Die Afrikaans Gaan Global Superbakkie aangevuur deur ViserOnline – Ford F250.
  • MSC en Super Events borg ’n luukse vaart op die MSC Sinfonia. Daar is ses vaarte om van te kies tussen Januarie en April 2021. Hierdie is ’n BBP-pakket ter waarde van R25 000.
  • Drie Weber Spirit gasbraaiers en vier Weber Premium charcoal braaiers mét bybehore is ook op die spel. Totale waarde is ongeveer R60 000
  • Braai geskenkpakke van Weber, Rooibaard sous en BitFarming.

Bespreek jou Afrikaans Gaan Global raffle-kaartjies op iTickets vir slegs R100. Hoe meer kaartjies ,hoe groter is jou kanse om te wen!

Die geleentheid bestaan ook vir die publiek om ‘n huispartytjie – binne regulasies – aan te bied. In samewerking met Virtual Productions kan jy jou eie #HuisFees aanbied. Klank, groot TV-skerms asook beligting gaan beskikbaar wees om jou huis in ’n globale partytjie venue te omskep. Almal wat die #HuisFees bespreek staan dan die kans om die ongelooflike pakket gratis op die dag van die konsert te kry. Dié #HuisFees-pakket sluit vir R3 000 die volgende in:

’n Mini klankstelsel, ’n tegnikus, asook 60” TV vir jou huis of venue vir die Afrikaans Gaan Global-kuier en dit word deur Virtual Productions afgelewer en geïnstalleer.

Twaalf ure van vermaak – soos in die ou dae voor Covid-19. “Afrikaans Gaan Global het ń kunstenaars-fonds gestig vir die sangers en musikante wat die knyp ernstig voel onder die huidige omstandighede. Om ń bydrae tot die fonds te maak, druk asseblief op die donasie knoppie by die Afrikaans Gaan Global iTickets blad. Ek is seker die kunstenaars in nood sal dit baie waardeer!” voeg Kurt Darren by.

Kaartjies vir Afrikaans Gaan Global kos R120 en beloof om heerlike vermaak te verskaf. NOU beskikbaar! Klik hier!

Afrikaans Gaan Global

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Katinka bring haar Sass…. die nuutste Somer-treffer!

Katinka, beter bekend as Katinka Die Kat is reeds bekend as ‘n sosiale media influencer …

Neels is gereed om liefde te vind

Hy het ‘n groot liefde vir teater, branderblankry en gholf, maar daar is een liefde …