Afrikaans.com se muurprojek by skole inspireer !

269

Afrikaans is die taal van al sy sprekers. Tog het nie almal in alle gemeenskappe ewe veel toegang tot die viering van hul taal nie. By Afrikaans.com glo ons dat inspirasie tot aspirasie lei en my identiteit van wie ek is en hoe ek myself uitdruk, ’n trots en eiewaarde skep. Daarom het ons ook vanjaar baie spesifieke gemeenskapsprojekte waardeur ons veral skoolleerders deur visuele muurprojekte wil inspireer.

Met die Afrikaans.com-muurkunsprojek poog ons om deur kleurvolle muurskilderye wat binne die gemeenskap se konteks verstaan word, die lekker en positiewe van Afrikaans in skoolverband uit te lig.

Wat behels die muurkunsprojek by die skole?

Die Afrikaans.com-span gaan een muur by elk van die deelnemende laer- en hoërskole verf en die veldtog met foto’s en videomateriaal op sosiale media aktiveer. Hoërskoolleerders sal aangemoedig word om met die hutsmerk #droomgroot, op sosiale media deel te neem en op kreatiewe maniere en deur gebruik te maak van selfies en video’s, hulle drome en talente voor die muurskildery met ons te deel, en Afrikaans.com verskaf lekker pryse. By laerskole woeker die muurkuns met woorde wat lees en verbeelding aanmoedig.

Die doel van die muurskilderye is om die skoolomgewing mooi en inspirerend te maak en kinders se verbeelding vlerke te gee en hulle sodoende aan te moedig om Afrikaans met passie en oorgawe te geniet en te gebruik.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments