Maandag , Oktober 15 2018
Home / Afrikaanse Musiek / Adam Tas se eerste DVD!

Adam Tas se eerste DVD!

Adam Tas, reeds ‘n huishoudelike naam in Afrikaanse musiek, het sopas sy eerste DVD, “Stories uit die bosveld” vrygestel.

Na 5 suksesvolle CD-vrystellings, opslagwekkende verkope en sy verskyning as 1ste Afrikaanse kunstenaar ooit op iTunes Sessions in 2015, was ‘n DVD volgende in Adam se visier. Dit moes iets spesiaals wees, en dié is dit ongetwyfeld!image001

Die DVD bevat musiekvideos van 15 Tas-treffers van die albums “Want jy is boer” en “’n Tas vol Cash”,
sowel as Adam se mees onlangse enkelsnit-vrystelling, “Afrikagrond”.

Dit sluit gewilde snitte soos “Skilpadtepel”, “Draadloosdae”, “The man comes around”, “’n Man soos my pa” en “Toe maak ons Vader ‘n boer” in, met lewendige opnames van 4 snitte – “Lappieskombers”, “Te beautiful vir my”, “Ek werk op die myn” en “Kersfees in Afrika” – wat daai ekstra tikkie ambiance toevoeg en die pakket uitstekend afrond.

“Stories uit die bosveld” sit net reg, soos ‘n lekker kuier met hartsmense om ‘n knetterende
kampvuur!

Die DVD is nou landswyd beskikbaar.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Almero reik eerste vollengte album uit!

Almero het lank nie meer enige bekendstelling nodig nie. Vanjaar is sy tweede in die …

Douvoordag reik langverwagte debuut-album uit!

DOUVOORDAG (Ilse en Jattie de Beer), se debuut-album, DIE AVONTUUR, is op Vrydag 5 Oktober …