Maandag , Februarie 18 2019
Home / Afrikaanse Musiek / ADAM stel nuwe enkelsnit bekend!

ADAM stel nuwe enkelsnit bekend!

Uit die pen van Hugo Ludik, Reynardt Hugo en Nerine Gardiner, stel ADAM hulle nuutste enkelsnit, Iets In Die Water, bekend. 

“Ek het die inspirasie gekry toe Demi-Leigh Nel-Peters die titel van Mej Heelal ingepalm  het in 2017. Ek het gedink Suid-Afrika het al so baie skoonheidstitels verower en met al die ADAM-toere, het ons besef dat Suid-Afrika regtig die mooiste meisies het. Die enigste verduideliking hiervoor, moes wees dat daar iets in die water is”, verduidelik Hugo.

Hugo en Reynardt het die melodie geskryf en toe die hulp van Nerine Gardiner ingeroep om hulle gedagteproses korrek te verwerk en die lirieke vas te pen, sodat die aanslag van die liedjie korrek kon oorkom.

Iets in die Water was van die begin af een van ons gunsteling liedjies op die album. Die mense dans en sing uit volle bors saam. Dit is ‘n trots Suid-Afrikaanse liedjie”, voeg Reynardt by.

Die liedjie is beskikbaar op ADAM se album, Bewe, wat in 2018 uitgereik is.

ADAM bestaan uit Hugo Ludik, Reynardt Hugo en Kyle Grant.

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook

Twitter: @hugoludikADAM

Instagram: @adambandsa

Web

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Kerry Lee praat uit oor haar beter helfte met nuwe enkelsnit!

Na die suksesse van haar vorige album wat treffers soos ‘Shut up en soen my’ …

Burgerd Botha stel nuwe enkelsnit bekend!

Burgerd Botha het pas sy volgende enkelsnit, Vat My Huistoe vrygestel en beloof om luisteraars …