Saterdag , September 22 2018
Home / Afrikaanse Musiek / ADAM se nuwe enkelsnit tref radiostasies vandag!

ADAM se nuwe enkelsnit tref radiostasies vandag!

Wanneer jy na ADAM se musiek luister, is dit maklik om te verstaan hoekom dié musiekgroep so gewild is in die Afrikaanse vermaakbedryf. Hierdie drie musikante, Hugo Ludik, Reynardt Hugo en Kyle Grant, het nou maar een maal ’n manier om pragtige lirieke te verweef met hulle kenmerkende unieke styl en dit in perfekte harmonie met luisteraars te deel. Hulle nuwe dubbel-album sal vanaf April op die rak wees en gaan voortbou op die wenresep wat van dag een af aanhangers se harte verower het.

Die manne se splinternuwe enkelsnit, Sê My (Bewe), tref radiostasies landswyd vandag!

Die liedjie is geïnspireer deur al Hugo se patetiese pogings om ’n meisie te kry – en veral deur sy onvermoë om ’n ordentlike meisie by ’n kuierplek te ontmoet. “Die snit is baie tong-in-die-kies, maar ongelooflik lekker om te sing en op te voer. Ons het nog nooit ’n liedjie gehad wat 100% net speels en komieklik is nie, so ons is opgewonde oor die een!” meen Hugo. Dit is deur Reynardt, Hugo en Vaughan geskryf en gaan oor daai corny pick-up lines wat mans so gereeld gebruik. “Dit is ’n catchy tune waarby almal sal aanklank vind en beloof om ’n groot treffer te wees,” verklap Reynardt. ’n Musiekvideo vir die snit is ook in die pyplyn.

Sê My (Bewe), is een van tien splinternuwe snitte wat op ADAM se nuwe spesiale dubbel-CD sal verskyn.  Dié CD is ‘n hervrystelling van die trio se suksesvolle album, Hoogtevrees, wat in Augustus 2016 uitgereik is en wissel tussen voetstamplekker dansliedjies, sielvolle hartsballades en kreatiewe verwerkings van ou gunstelinge. Die nuwe inhoud van hierdie spesiale vrystelling was ’n spanpoging deur Hugo Ludik, Reynardt Hugo, Vaughan Gardiner en Nerine Gardiner. Dit sluit ook ’n duet, Kalmeer, met Kyle se vrou in, wat beloof om selfs die kritieste oor tevrede te stel.

As jy vandag jou radio aanskakel is die kanse goed dat jy ADAM se nuwe enkelsnit gaan hoor!

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook

Twitter: @adamgroep

Web

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

DIE GELOFTE vir die eerste keer in Afrikaans!

Johan Vorster en Christoph Kotzé het kragte saamgesnoer en DIE GELOFTE vir die eerste keer …

Adam Tas se nuwe album is hier!

Adam Tas se growwe rasperstem en emosiebelaaide lirieke, het van dag een af diep kom …