Monday , August 3 2020
warmmusic.net

Jan Blohm gaan eie skildery opveil tydens nuwe album bekendstelling

Jan Blohm, se splinternuwe album, JENNY, word eerskomende Vrydag, 17 Julie 2020, amptelik bekendgestel!  Om dit te vier gaan hy om 19h00 vanuit Lionel Smit Studio in Somerset-Wes ‘n spesiale solo akoestiese aanlyn konsert hou wat lewendig op sy Facebook-blad gestroom sal word.  Tydens hierdie konsert sal Blohm ook een van sy skilderye opveil.  Publiek sal daarop kan bie deur kommentaar in die “comments” seksie van sy Facebook-blad te plaas en na afloop van die konsert sal die koper gekontak word.  Die vertoning sal dan ook later op sy YouTube kanaal beskikbaar gestel word.

Sy tweede enkelsnit vanaf sy nuwe album, OU KAROO, is pas verlede week uitgereik en het reeds aanhangers en publiek gaande!

Blohm beskryf JENNY as ’n konsep-album. Dit bestaan uit veertien snitte wat die storie vertel van twee tieners wat in die 1980’s in die klein konserwatiewe spoorwegdorpie, De Aar, woon. Dit is die eerste keer wat hy so ’n projek aanpak, maar volgens hom is dit iets wat al lank in sy kop broei en eendag die klankbaan van sy fliek met dieselfde naam gaan wees.

“Die album is nie net nog ’n versameling liedjies nie,” verduidelik die kunstenaar. “Ek het baie moeite gedoen om oor die afgelope vyftien jaar liedjies en gedigte saam te sit om ’n storie te vertel. Dis soos ’n fliek van Jenny se lewe.”

SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook
Instagram: @janblohm2020
Twitter: @JanBlohm

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Mia stel ‘n aangrypende nuwe musiekvideo vry!

Mia, die talenvolle sangeres uit Potchefstroom, het onlangs haar nuwe enkelsnit, KRIMINEEL, uitgereik. Dit is …

Jan Blohm se nuwe album is ‘n liefdesverhaal!

“Die boodskap is eenvoudig. Ons het nie veel meer nodig as liefde en menslike konneksie …