Monday , August 3 2020
warmmusic.net

Valeska Muller reik musiekvideo uit vir nuwe enkelsnit, Daar Waar Ons Staan

Die alombekende Valeska Muller se nuutste enkelsnit, DAAR WAAR ONS STAAN, is onlangs uitgereik en groot lof vir dié polsende elektroniese popsnit stroom vanaf alle oorde in!  Radiostasies en aanhangers regoor die land is gaande oor die liedjie van die pragtige sangeres met die mooi glimlag en positiewe uitkyk op die lewe.

Ons vertrou op vriendskappe vir baie dinge:  geluk, bevestiging dat ons waarde het, gesondheid en welstand. Daar was geen periode in die geskiedenis van die mens waar dit nie die geval was nie en nou nog meer as ooit het ons verhoudings nodig wat ons in die epidemie kan ondersteun en help”, sê Valeska.

DAAR WAAR ONS STAAN se musiekvideo is geïnspireer deur Valeska se eie ervaringe.  Dit dra ‘n boodskap oor van hoe belangrik ware vriendskap is en hoe die grendelstaat en Covid-19 ‘n effek op Valeska self as persoon gehad het.  Die aktrise, Natasha van der Merwe, wat in die video te sien is, is een van Valeska se beste vriendinne en die oomblikke in die video is werklike oomblikke van hulle vriendskap wat vasgevang is.  Baie gedeeltes van die video is geskiet by Melody Lane Studio en by Valeska se huis.  “Hierdie is regtig my mees persoonlikste video nog ooit en ek gee vir mense ‘n kykie in my eie persoonlike lewe en my grendelstaat ervaring”, sê sy.

Saint Nic Media het ‘n fantastiese werk gedoen om die skoonheid van die situasie vas te vang.  Grimering is gedoen deur die talentvolle Hannelie Burger.  Die video is in swart en wit vervaardig en simboliseer die kontrasterende emosies agter hierdie “Coronacoaster” waarop ons almal is.  “Regdeur die video sal jy sien hoe ons deur ‘n klomp emosies gaan en sukkel daarmee om alleen te wees.  As ‘n enkellopende vrou was dit spesifiek baie moeilik vir my tydens die grendelstaat om so alleen te wees en ek sou nie kon oorleef sonder tegnologie nie.  Dit het gehelp om met my vriende en familie te kon praat deur video oproepe ens.  Alhoewel ek dankbaar is vir die tegnologie, besef ‘n mens dat niks van hierdie dinge ‘n regte egte drukkie kan vervang nie!

Die sangeres wat gereeld beklemtoon hoe kosbaar die vriendskappe in haar lewe is glo dat almal by die video gaan aanklank vind juis omdat almal steeds die Covid-19 nagmerrie en onsekerheid van inperking beleef.  “Ek hoop my video inispireer mense om beter vriende vir mekaar te wees en om vriendskappe op te pas en na mekaar te kyk, want dit is regtig al wat saakmaak in hierdie wêreld!  Alles anders kan weggeneem word in ‘n sekonde!  Wees lief vir mekaar en staan saam – ons het dit nou meer nodig as ooit te vore!” sluit sy af.

DAAR WAAR ONS STAAN volg in die voetspore van Valeska se vorige enkelsnit, Naby My Naby Jou, wat uitstekend ontvang is en vir weke lank op die treffersparades van verskeie radiostasies gepronk het.

SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook
Instagram: @valeskamuller
Twitter: @Valeskamuller
TikTok:  @valeskamuller

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Mia stel ‘n aangrypende nuwe musiekvideo vry!

Mia, die talenvolle sangeres uit Potchefstroom, het onlangs haar nuwe enkelsnit, KRIMINEEL, uitgereik. Dit is …

Jan Blohm gaan eie skildery opveil tydens nuwe album bekendstelling

Jan Blohm, se splinternuwe album, JENNY, word eerskomende Vrydag, 17 Julie 2020, amptelik bekendgestel!  Om …