Monday , August 3 2020
warmmusic.net

Christia Visser se wildste oomblik!

Geliefde Suid-Afrikaanse aktrise Christia Visser het die musiekbedryf behoorlik op storm geneem en haarself gevestig as een van die grootste vroulike kunstenaars in Suid-Afrika. In 2019 het sy haar eerste treffer-enkelsnit 17 SHOTS bekendgestel wat ook Goue Status behaal het. Kort daarna stel sy Die Deurbekend wat ook onlangs Goue Status bereik het. Ons Maak Saak volg kort daarna saam met Elandré, Brendan Peyper en Refentse. In 2020 stel sy haar vierde enkelsnit bekend Kaal Voor Jou.

Die album bestaan uit alternatiewe-pop klanke en sterk ballades wat haar unieke stem na vore gaan bring soos nog nooit tevore. Treffers wat op die album sluit in Wildste Oomblik, Ek Is Net ‘n Mens, Gemaklik Verlore en Stukkie Vir Stukkie sal Suid-Afrikaners se wildste verwagtinge oortref.

Die tema en lirieke van die album draai om die uitdagings van ons daaglikse lewens, om jouself te vind en ‘n persoonlike boodskap van hoop waarmee meerderheid van ons kan vereenselwig.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Mia stel ‘n aangrypende nuwe musiekvideo vry!

Mia, die talenvolle sangeres uit Potchefstroom, het onlangs haar nuwe enkelsnit, KRIMINEEL, uitgereik. Dit is …

Jan Blohm gaan eie skildery opveil tydens nuwe album bekendstelling

Jan Blohm, se splinternuwe album, JENNY, word eerskomende Vrydag, 17 Julie 2020, amptelik bekendgestel!  Om …