Friday , August 14 2020
warmmusic.net

Pieter Marcato sien weer uit na Lekker Tye met sy nuwe enkelsnit!

LEKKER TYE uit die pen van Pieter Marcato is dié talentvolle musikant se derde enkelsnit wat pas vrygestel is.

Die liedjie volg kort op die hakke van sy vorige enkelsnit, Swipe Regs, wat vroeër in 2020 uitgereik is. Swipe Regs is uitstekend deur die media ontvang en kan steeds op radiostasies landswyd gehoor word.

“Dit is so lekker om saam met vriende en familie te kuier. Jy vergeet vir ‘n oomblik van jou probleme en van alles negatief in jou lewe. Veral in ‘n tyd soos nou, voel ek dit is iets waarna almal smag, lekker tye! Als sal ok wees en weer een of ander tyd normaal wees,”sê Pieter oor sy nuwe enkelsnit.

Pieter het in Pretoria grootgeword, waar hy steeds vandag nog woon. Na skool het hy deur Damelin klankingenieurswese studeer en in hierdie tyd het sy pad met Ben van Zyl gekruis. Kort daarna het hulle besluit om saam die groep, Marcato, te begin wat vandag nog bestaan.

“Musiek is in alle opsigte deel van my lewe en ek is in my element wanneer ek die passie aan ander mense kan oordra – in watter vorm dit ookal mag wees. Dit is een van die dinge wat mense bymekaar kan bring en dis vir my ’n eer om deel te wees daarvan,”vertel hy oor sy loopbaan sover.

Ten spyte van sy besige skedule, het dié veelsydige ster in 2017 saam met Altus Theart (Getroud Met Rugby) en Jerry Spangenberg die alternatiewe popgroep, EON, begin. Dié groep het reeds ’n baie groot aanhang en hulle debuut-enkelsnit, Bittersoet, was dadelik ’n treffer. Ligjare, hulle eerste album, het sedertdien verskeie ander gunstelinge opgelewer en die trio is deesdae ’n bekende gesig by die meeste groot musiekfeeste in die land.

Lekker Tye bring hoop, samesyn en is verseker ‘n treffer wat vriende en familie binnekort op die dansvloer sal herenig.

SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook

Instagram: @pietermarcato
Twitter: @pietermarcato

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Len Muller se nuwe enkelsnit en video,’n TOEVLUG vir almal!

Die talentvolle musikant en sanger, Len Muller het geen bekendstelling nodig nie. Hy het vroeër …

Christia Visser se debuut-album hier!

Ballade vir ‘n Enkeling, Die Boekklub en Fynskrif het van Christia Visser ‘n huishoudelike naam …