Sunday , May 31 2020
warmmusic.net

Karen Zoid, Neil Sandilands en Early B, vat raak met nuwe liedjie!

Karen Zoid, Neil Sandilands en Early B, vat raak in `n nuwe liedjie wat op Vrydag 10 April uitgereik word. “Toe die wêreld stil gaan staan” is`n hoendervleis- treffer oor die anderste tyd waarin almal in die wêreld hulle tans bevind.

Zoid vertel dat die lied baie toevallig gebeur het: “Neil het vining kom hallo sê by my studio, terwyl hy hier was op ‘n kuier van Amerika af, letterlik ‘n dag voor die President se aankondiging oor inperking. Ons het gesels oor die virus en die wêreld wat nou vir ewig gaan verander. Wie sou kon dink dat ons in ons leeftyd `n globale pandemie sal ervaar soos in die vorige eeu met die Spaanse griep.  Beide my ouma -en oupgrootjie het in daardie tyd van die groot griep gesterf. Ons het impromptu gesit met ‘n kitaar en ‘n liedjie geskryf.

Nadat President Ramaphoza daardie Sondagaand die lockdown aankondig het,  het ek besef ons sal vining moet planne maak om die liedjie op te neem, terwyl ons nog kan. Toe almal druk besig was om laaste sake af te handel, toiletpapier te koop en inkopies te doen, het ons studio toe gegaan. Ek het Early B. gevang net voor hy die pad Port Elizabeth na sy familie toe gevat het.

Dit is nogal iets besonders om te kan lewe in `n tyd waarin letterlik almal in die hele wêreld deur dieselfde ding gaanen dieselfde problem in die oë staar. Dis `n ongemaklike rustigheid waarin ons onsself bevind. Vir my is daar twee dinge wat my in hierdie tyd gefokus hou: Die eerste is dat ons nou net een dag op `n slag kan leef en die tweede, is soos hulle in die 60`s gesê het, die Liefde is Alles. Ek hoop dat die liedjie vir mense sal laat onthou dat ons almal aan mekaar gebind is. Ons is saam hierin.”

Toe die wêreld stil gaan staan” is vanaf Vrydag 10 April op digitale platforms beskikbaar. (Apple Music, Google Play, Spotify, Deezer, Joox)

Vervaardigers: Karen Zoid & Theo Crous

Orkes:  Jonno Sweetman, Schalk vd Merwe & Henry Steel

Sosiale media:
Instagram
Twitter: @Karen Zoid
Facebook

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Nuwe album ‘Onplaats’ deur Andries Bezuidenhout

“Onplaats” is Andries Bezuidenhout se derde solo album. Dit bevat twaalf oorspronklike komposisies, waarvan die …

Dozi vier meer as twee dekades in die musiekbedryf met ‘n nuwe album!

DOZI se splinternuwe album, VREDE is pas bekendgestel en dit is ’n versameling snitte wat …