Friday , August 14 2020
warmmusic.net

Dans Dans Lisa stel nuwe lied bekend!

Op 29 Februarie 2020 vanjaar het die akoestiese duo DANS DANS LISA ’n splinternuwe EP, toepaslik getiteld SKRIKKELJAAR vrygestel. Sewe jaar sedert die vrystelling van hul laaste album, het die duo – bestaande uit Deon Meiring en Bouwer Bosch – ook die eerste enkelsnit en musiekvideo van die EP vrygestel, genaamd KOM ONS RAAK WEG.

Opgeneem by Bouwer Bosch se tuisstudio oor die tydperk van vier dae en gemeng deur Peach Van Pletzen, bied SKRIKKELJAAR aanhangers vyf energieke nuwe liedjies. Met ’n meer pop aanklank en selfs ’n paar nommers wat elektriese kitaar bevat, bied die samestelling steeds bekende DANS DANS LISA elemente soos akoesties aangedrewe liedjies met prettige, ligsinnige lirieke gekombineer met pragtige en selfs humoristiese oomblikke.

Met beide kunstenaars wat vir baie ander projekte musiek skryf, fokus hulle juis daarop om nie hulself te ernstig op te neem wanneer dit by DANS DANS LISA kom nie. Sonder enige vooropgestelde idees, het die duo gefokus op wat reg voel in die oomblik.

KOM ONS RAAK WEG is een van die liedjies wat deur Bouwer na die tafel gebring is. Die liedjie handel oor die erkenning van foute en die ontsnapping daarvan. Vir die enkelsnit het die duo elektriese kitaar gebruik soortgelyk aan die manier wat mens ’n banjo sal gebruik, tesame met estetiese DANS DANS LISA folk elemente. Aanhangers sal beslis die liedjie as eg aan die duo herken, en steeds die varsheid en nuwigheid waardeer.

“Enige iemand wat al moeilike tye in ’n verhouding moes deurgaan, of enige iemand wat net vir ’n rukkie wil wegraak, sal met KOM ONS RAAK WEG kan identifiseer.”Deon Meiring.

Die musiekvideo vir KOM ONS RAAK WEG is geskiet net na die opname van die EP, met Ansu Visser aan die stuur van verfilming en regie. Die video bevat ’n swart en wit optrede deur DANS DANS LISA in ’n pragtige park gedurende songsondergang.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Len Muller se nuwe enkelsnit en video,’n TOEVLUG vir almal!

Die talentvolle musikant en sanger, Len Muller het geen bekendstelling nodig nie. Hy het vroeër …

Christia Visser se debuut-album hier!

Ballade vir ‘n Enkeling, Die Boekklub en Fynskrif het van Christia Visser ‘n huishoudelike naam …