Monday , April 6 2020
warmmusic.net

Nog ’n komiese musiekvideo vir Robbie Wessels!

Enkele weke nadat Robbie Wessels se musiekvideo vir sy enkelsnit, Khoi and Son, vroeg in Februarie 2020 vrygestel is, is dit reeds meer as 200 000 keer op YOUTube gekyk.

Robbie dra met humor die boodskap oor dat alhoewel jag oor die algemeen belangrik is vir verskillende redes, moet die natuur nogsteeds gerespekteer word.“Ek wou graag weer ’n liedjie oor diere skryf en het eendag toevallig baie tarentale gesien. In sekere kulture word tarentaal as trantraal uitgespreek en ek het gedink dis gepas om dié uitspraak te gebruik om die storie oor te dra,” het Robbie vertel.

Aanhangers het dadelik gereageer met komplimente vir dié musiekvideo en een het selfs geskryf: “Ons het baie om by jou te leer Robbie. Dankie vir die Suid Afrikaner wat jy is.”

Nóg ’n aanhanger het hom geprys vir ’n “oulike lekkervoel liedjie”.

“Dié storie het homself sommer geskryf en dit het die oulike dinamika tussen die Khoi-San en die jagters begin vertel,” het hy gesê.

Enige jagter kan vereenselwig met die teleurstelling op die gesigte van die karakters in die musiekvideo wanneer ’n lang dag van hitte en uitputting geen vrugte werp nie. Maar jag bly steeds ’n gewilde stokperdjie vir mans (en soms dames) wat eindig met ’n lekker kuier om die bosveldvuur.

Dié enkelsnit sal ook op Robbie se nuwe album wees wat binnekort die winkelrakke sal tref.

Hierdie sal Robbie se negende album wees na hy in 2005 sy eerste album, My Vissermanvriend se Pa, in 2005 vrygestel het. Sy groot deurbraak in die Afrikaanse musiekbedryf was met sy treffer Leeuloop, wat op sy tweede album, Halley se Komeet, in 2006, vrygestel is.

Robbie het ook vyf keer op die silwerdoek verskyn met die bekendste rol as Poena Pieterse in Poena is Koning in 2007.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Dans Dans Lisa stel nuwe lied bekend!

Op 29 Februarie 2020 vanjaar het die akoestiese duo DANS DANS LISA ’n splinternuwe EP, …

“Ek wou elke fase van verlief-wees vasvang”, sê Valeska oor nuwe musiekvideo!

Die liefde blom behoorlik in Valeska Muller se splinternuwe musiekvideo wat reeds besig is om soos ’n …