Wednesday , July 15 2020
warmmusic.net

One Voice slaan wéér asems weg – hierdie keer met gewilde Jonas Brothers-treffer!

Die plaaslike meisiesgroep, One Voice, het nou maar een maal die ongelooflike gawe om ’n bestaande treffer hulle eie te maak en te omskep in iets waaroor luisteraars gaande is.  Gedurende Desember 2019 het hulle aanhangers verras met hul eie weergawe van die Little Mix treffer, Secret Love Song wat reeds ‘n paar duisend kyke aanlyn verkry het en nou gaan hulle verseker hulle aanhaners verder wegblaas met hulle eie weergawe van die gewilde Jonas Brothers-treffer, SUCKER!

Die musiekvideo, wat deur Shaun en Madeleine McCreanor van McCrea Media verfilm is in Ons eerste Volksbank op Kerkplein in Pretoria, bou voort op die opwindende gevoel van verlief wees. “Ons wou graag met die video probeer om elke toeskouer te laat voel soos die persoon waarop iemand verlief is. Daarom maak ons oogkontak en sing ons direk in die kamera in,” verduidelik hulle.

“Alles is eenvoudig gehou en daar is meer op die gevoel gefokus as op die agtergrond. ’n Ou houtdeur met paneelwerk agter ons, het wel gehelp om ’n nostalgiese gevoel te skep van daai dae toe almal nog jonk en verlief was.”

Kyk die video hier:https://www.youtube.com/watch?v=7X3IcahhwkY&feature=youtu.be

SUCKER is een van die snitte op hulle selfgetitelde debuut-album en is ’n groot gehoor-gunsteling tydens hulle lewendige optredes. Daarom het hulle besluit dat die tyd reg is om die enkelsnit en musiekvideo met die res van die land te deel!

“Die liedjie vertel die verhaal van iemand wat hulpeloos is teen sy liefde vir iemand anders. Die persoon is vasberade om sy lewe saam met sy sielsgenoot deur te bring, ten spyte van haar onvolmaakthede,” verklap die meisies oor die betekenis agter dié pop-snit waaroor hulle self mal is.

“Ons verwag dat wanneer mense ons weergawe hoor hulle aangenaam verras sal wees, aangesien ons ’n bekende liedjie gevat het en ons eie unieke weergawe daarvan gemaak het. In ons weergawe, bied ons ook die boodskap aan vanuit ’n vroulike perspektief en dit maak ’n groot verskil.”

Oor die sukses van hulle vorige video, Secret Love Song, sê hulle:“Dit is ons gunsteling-liedjie deur Little Mix en ons is baie tevrede met die terugvoer wat ons sover gekry het. Ons is ook baie trots daarop dat die video binne 24 uur deur meer as ’n duisend mense gekyk is”.Droomplaneet, hulle eerste enkelsnit, het net so goed presteer en kan steeds oor die radio gehoor word.

Tans is die groep besig om te werk aan oorspronklike musiek vir hulle volgende album en om konserte en optredes vir die res van die jaar te beplan. “Ons wil graag hierdie jaar ook begin teruggee aan die gemeenskap. Aanhangers kan dus ons sosiale media dophou vir nuwe en opwindende dinge,” vertel hulle opgewonde.

One Voice is ’n vars briesie in die Suid-Afrikaanse musiekmark en met liedjies soos SUCKER, bewys dié meisiesgroep dat daar ’n blink toekoms op hulle wag – plaaslik en internasionaal.

SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook
Instagram: @_one_voice_
Webblad

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Two giants of the South African music industry have collaborated!

Two giants of the South African music industry have collaborated on a unique album that …

142 New Radio Stations Added For Monitoring in April!

From Bermuda to Bolivia, from United States to United Kingdom. We cover it all! We …