Sunday , May 31 2020
warmmusic.net

Hoe weet ek wanneer my liedjie op radio speel?

Goeie nuus! Jou nuutste enkelsnit is bekendgestel, jy het dit uitgestuur na verskeie radiostasies… nou wat nou? Hoe weet ek wanneer my liedjie; of goedgekeur is deur die musieksamesteller en of dit gespeel word?

Goeie vraag! En, ek het die antwoord vir jou! Daar is verskeie produkte tans op die mark wat jou kan help om te bepaal waar en wanneer jou liedjie op radio speel. My gunsteling platform en ook die een wat by vêr die meeste radiostasies monitor is: Warmmusic.net

Hoe werk die ‘airplay’ sagteware?

Om dit in eenvoudige terme te verduidelik, luister ‘audio fingerprint’ sagteware na ‘n spesifieke radiostasie via stroming (streaming). Amper soos Shazam, tel die sagteware liedjies op wat op die ‘fingerprint’ databasis is. Dus, sodra jy jou enkelsnit opgelaai het, verwerk die sagteware dit en kry sy eie unieke ‘fingerprint’.

Dit sleutel dan die liedjie in op ‘n ‘log’ met tyd, stasie waar dit gespeel is ens. (sien foto hieronder as voorbeeld)

Hoe werk warmmusic?

Dit is eintlik heel eenvoudig. Teken in by warmmusic.net gaan na ‘add songs’ en laai jou liedjie met al die nodige besonderhede in (ISRC ens).

Teken sommer in vir die jaar opsie. Dit beteken jy kan jou liedjie vir ‘n jaar monitor, en as jy die volgende koepon gebruik: sa10 kry jy ‘n ekstra 10% af. Dit is verseker goedkoper om eerder vir ‘n jaar op te teken as net vir ‘n maand bv. Daar is natuurlik ander voordele ook vir die jaar opsie.

Hier is ‘n voorbeeld van bv, Appel se Nonna, waar die lied die afgelope paar dae gespeel het. (15 Feb – 17 Feb).

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Nuwe album ‘Onplaats’ deur Andries Bezuidenhout

“Onplaats” is Andries Bezuidenhout se derde solo album. Dit bevat twaalf oorspronklike komposisies, waarvan die …

Dozi vier meer as twee dekades in die musiekbedryf met ‘n nuwe album!

DOZI se splinternuwe album, VREDE is pas bekendgestel en dit is ’n versameling snitte wat …