Wednesday , July 15 2020
warmmusic.net

Die Heuwels Fantasties reik twee nuwe singles vir die somervakansie uit.

Twee lekker sorgvrye treffers wat daai rooigebrande litte op die vakansie strande behoorlik gaan losmaak word op 6 Desember deur Die Heuwels Fantasties uitgereik. Praat nie van die dansvloere laat kook nie – as die son sak raak dit mos net nog lekkerder!

Doin` it right” is DHF se eerste offisiele Engelse enkelsnit. Hunter Kennedy sê: “Om een of ander rede was ons keen om `n Engelse song op te neem. “Doin` it right” is `n regte ‘gone- clubbing banger’, dit laat my soos `n wenner voel!” Die liedjie is vroeër vanjaar by Sunset Studios in Stellenbosch opgeneem. Die band het dit daarna vir hul vriend Pierre Pressure in Namibie gestuur. “Hy is baie vernuftig met die produksie van dans-musiek” vertel Fred den Hartog. “Ons hou baie van wat hy met die song gedoen het.Met Pierre Pressure agter die knoppies, het die Heuwels seker gemaak die beat skop agter die melankoliese love-song melodië en lirieke.”

Luister“Doin` it right hier:

Mejuffrou Sonneblom” is `n  lekker ‘90’s throwback song’. Soos Hunter dit stel: “Voel vir my soos ‘n somerbries -swembad- partytjie.”  DHF het op hierdie liedjie met met Rudolf Willemse, Potchefstroom se mees talentvolle musiek-regisseur saamgewerk. Fred sê: “Mejuffrou Sonneblom is ‘n rollercoaster van emosies wat jou kop laat wip tussendeur die 80’s cinema beats en Hunter Kennedy se masjiengeweer lirieke. Nostalgie en Suid Afrikanismes is weereens die temas wat voorkeur geniet in hierdie never-been-done-before klank vir Heuwels Fantasties.”

Die twee nuwe liedjies volg kort op die hakke na DHF se onlangse enkelsnit uitreiking “Jy Stel My Teleur” wat tans op verskeie Top 20 trefferlyste pryk. `n Vollengte album word vroeg volgende jaar uitgereik. Hou DHF se blaaie dop.

“Jy Stel my Teleur” video hier:

Die Heuwels Fantasties Desember Kustoer Joligheid:

4 Desember: Plett Rage.
5 Desember: Jolly Dolphin, Jeffreysbay
7 Desember: The Goodlife Pretoria met Spoegwolf, Wonderboom ens.
26 Desember: Jolly Dolphin, JBay Rocks.
27 Desember: The Stables, Stilbaai. Met Jack Parow, Early B en meer.
31 Desember: Van Riebeeck Stadium Mosselbaai. Met Jack Parow, Early B en meer.

Meer inligting op DHF se nuwe webwerf

Web en sosiale media:

Facebook
Twitter: @DieHeuwels
Instagram: @dieheuwelsfantasties
Youtube
Webtuiste

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Rinel Day oorkom die seer in haar verlede in nuwe enkelsnit!

“Die liedjie is spesiaal geskryf vir enigiemand wat al ooit seer beleef het en iewers …

Jan Blohm vertel Jenny se storie verder in nuwe enkelsnit – Ou Karoo

Die bekroonde musiekdigter met sy rou emosionele stem en diep lirieke, Jan Blohm, het uit …