Wednesday , July 15 2020
warmmusic.net

Jauni M stel nuwe enkelsnit bekend!

Jauni M het gedurende Junie 2019 haar debuut-album,  NIEMAND ANDERS, uitgereik en daarmee bewys dat sy nie gebonde is tot ’n spesifieke styl nie. Die album wat grotendeels oor die liefde en die verskillende keuses wat daarrondom gemaak moet word gaan, het ’n volwasse kontemporêre klank en het reeds twee suksesvolle enkelsnitte opgelewer.  Niemand Anders en Liefde soos Dagbreek was die eerste twee enkelsnitte wat vrygestel was vanaf hierdie solo-album en kan steeds gereeld oor radiostasies landswyd gehoor word.

Nou, gedurende Oktober 2019 reik Jauni M die derde en laaste enkelsnit vanaf hierdie album aan radio landswyd uit.  KANS VAN ‘N LEEFTYD, is geskryf deur Emil Struwig en opgeneem deur Sean Manley en Zanda Traut by Manley Recording Studios. 

KANS VAN ‘N LEEFTYD is ‘n romantiese lied wat verseker op troues gehoor gaan word.  Almal soek “die een”.  Daardie deksel vir jou pot.  Daardie kans om ‘n leeftyd saam met daardie spesiale persoon te kan deel.  Met hierdie liedjie vra die persoon vir sy of haar maat om ‘n leeftyd saam te deel.  Om ‘n rots te wees en om die een te wees vir wie hy of sy wil bestaan en oor wil droom.

As ek die storie van die lied moet uitbeeld sal dit wees waar twee mense voor die kansel staan en vir mekaar vra om ‘n leeftyd saam te deel.  OM ‘n kans te vat om ‘n pad te stap … en dan kom die antwoord …. JA! En so vat hulle saam die KANS VAN ‘N LEEFTYD”, sê Jauni.

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook

Twitter: @JauniM

Instagram: @jaunim

YouTube

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Rinel Day oorkom die seer in haar verlede in nuwe enkelsnit!

“Die liedjie is spesiaal geskryf vir enigiemand wat al ooit seer beleef het en iewers …

Jan Blohm vertel Jenny se storie verder in nuwe enkelsnit – Ou Karoo

Die bekroonde musiekdigter met sy rou emosionele stem en diep lirieke, Jan Blohm, het uit …