Wednesday , July 15 2020
warmmusic.net

Nicholis Louw – World in Union nou digitaal beskikbaar!

Die bekroonde en veelsydige superster, Nicholis Louw, en die uiters begaafde en talentvolle sangeres, Liezel Pieters, het gedurende September 2019 ’n hartroerende weergawe van die 1995 PJ Powers en Lady Smith Black Mambazo-treffer, WORLD IN UNION vrygestel.  Dit het aanhangers se asems weggeslaan en kan gereeld oor die klankgolwe van  radiostasies landswyd gehoor word. Nou is daar goeie nuus!  Hierdie hoendervleismooi weergawe is ook nou op digitale platforms beskikbaar!

Nicholis Louw en Liezel Pieters se stemme vul mekaar perfek aan in hierdie unieke emosieblaaide weergawe van WORLD IN UNION. Die lied is ’n merkwaardige huldeblyk aan ’n sportsoort met ’n ryk kultuur en tradisie nie en sal luisteraars ook daaraan herinner om saam te staan in ’n wêreld waar situasies soms hopeloos lyk. Dit is beslis die perfekte manier om die 2019 Rugbywêreldtoernooi op ’n hoë noot af te sluit en ’n moet-hê-snit vir elke rugbykuier se musieklys.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Rinel Day oorkom die seer in haar verlede in nuwe enkelsnit!

“Die liedjie is spesiaal geskryf vir enigiemand wat al ooit seer beleef het en iewers …

Jan Blohm vertel Jenny se storie verder in nuwe enkelsnit – Ou Karoo

Die bekroonde musiekdigter met sy rou emosionele stem en diep lirieke, Jan Blohm, het uit …