Wednesday , July 15 2020
warmmusic.net

Snotkop soos ‘n Boss! Musiek video

Snotkop is terug met sy nuwe album wat die land se tonge aan die praat gaan hê!!!
“#Soos ‘n Boss” is sy sesde album wat die rakke sal tref op die 1ste Julie 2014. Hierdie versameling van gatskop treffers is vars, innoverend en net pleinweg LEKKER!

Snotkop rap, sing en skerts – Soos ‘n Boss – oor dinge wat die hartsnare roer, dinge wat jy elke dag ervaar, dinge wat jy van droom, op aansteeklike klanke wat jou voete sal laat jeuk en jou van diep binne sal laat lekkerkry! Soos ‘n Boss!
Aanhangers kan ‘n Splinternuwe look, nuwe gatskop klanke en ‘n baie sexy, retro, goue custom designed fiets verwag om hulle asems weg te slaan.

Die eerste treffer ‘Agter op my fiets’ is reeds beskikbaar op ITunes en het hierdie week begin speel op radio. Die video vir die treffer was onlangs in die Kaap geskiet en is ‘n visuele fees in goud wat jou sal laat regopsit.
Snotkop en sy bende rits die strate rond op hulle goue fietse, chill in die voortuin en braai op ‘n goue weber, opsoek na daardie perfekte girl om agter op sy fiets te lift. Die liedjie sal jou terug vat in tyd na jou jonger dae toe jou fiets die wêreld beteken het. ‘n Simbool van vryheid en avontuur. Die perfekte manier om meisies op-te-chat en net die hoogtepunt van cool. Snotkop bring beslis met hierdie treffer en video weer die cool in fietsry terug!

Nog heerlike snitte op die album is onder andere die titel snit, ‘Soos ‘n Boss’, waar Snotkop verduidelik hoe mens alles in die lewe moet aanpak – Soos ‘n Boss!

‘Hiekies in Hartenbos’ sal jou laat skaterlag wanneer daar gewaarsku word om nie jou karavaan se deur oop te los voor jy gaan slaap in Hartenbos, aangesien daar ‘n meisie is wat laat aand graag Hiekies kom gee wanneer jy dit die minste verwag!
Die hartsnare gaan behoorlik geroer word met die pragtige lied “Altyd ma se kind’. ‘n Liedjie opgedra aan sy Ma, en al die ma’s wat die wêreld ‘n beter plek maak.

Vir die dames wat bietjie voller van figuur is, is daar ook ‘n uplifting en fun tune ‘Dikkeliscious’ Hier word daar ge-kletsrym vir ‘n vale om jou lyf se kurwes te vier en trots te wees oor hoe jy lyk! “Nee, sy’s nie dik nie sy’s Dikkeliscious…” gaan beslis in die strate weergalm wanneer die treffer die land tref!

As jy Afrikaans is, hou van kuier, kan lag oor al die vreemde, lekker dinge wat die mensdom aanvang en sommer net ‘n lus het vir die lewe, dan gaan jy nie genoeg kan kry van Snotkop se nuwe werk nie!
‘n Vars, nuwe baadjie, slim lirieke, ritmes wat jou ruite sal laat bons en aansteeklike melodie gaan jou klank sisteem bederf van begin tot einde. HOU VAS!

Met sy nuwe CD gaan Snotkop jou laat voel of elke dag jou verjaarsdag is en WEEREENS laat paartie – SOOS ‘N BOSS!!!

Hier is die musiek video:

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Rinel Day oorkom die seer in haar verlede in nuwe enkelsnit!

“Die liedjie is spesiaal geskryf vir enigiemand wat al ooit seer beleef het en iewers …

Jan Blohm vertel Jenny se storie verder in nuwe enkelsnit – Ou Karoo

Die bekroonde musiekdigter met sy rou emosionele stem en diep lirieke, Jan Blohm, het uit …