Sunday , May 31 2020
warmmusic.net

Liezel Pieters – ‘n Stem wat asems oor SA gaan wegslaan!

Die 28-jarige Liezel Pieters – oorspronklik van Rustenburg in Noordwes – word bestempel as die Laura Branigan van Afrikaanse musiek. Haar eerste enkelsnit, ‘Asemloos’, resoneer met die glans van die laat tagtigerjare toe legendes soos Belinda Carlisle en Jennifer Rush groot opslae gemaak het – die tipe stem wat jou oor laat jeuk vir meer!

Vir Liezel was sang nog altyd deel van haar lewe, en dis juis by een van haar vele vertonings by The Barnyard Theatre waar Select Musiek se talent-soekers haar merkwaardige talent opgemerk het en haar uitgenooi het om deel van die span te word.image004

Met die Krone 2 uitvoering in 2014 het Liezel haar staal behoorlik gewys met Love the way you lie’ saam met Snotkop, Total eclipse of the heart’ saam met Nicholis Louw en ‘n pragtige verwerking van Cher se ‘Believe’ en haar stempel afgedruk as een van Suid-Afrika se mees belowende jong talente.

‘Asemloos’ is ‘n opwindende en energiebelaaide snit met ‘n sterk elektro-pop geur – een wat waarborg om elke bietjie ritme binne jou saam te sleep dansvloer toe! Dis net so ‘n voorsmakie, want Liezel is hard aan’t werk aan haar solo-album wat later vanjaar vrygestel word.

Buite die glans van die vermaaklikheidswêreld is sy ook ‘n groot kampvegter vir diereregte. Sy beoog om eendag haar eie wildsplaas te besit en daar af te tree.

“Dis vir my belangrik om tyd te neem om rustig te wees, terug te dink oor die pad tot hier en die weg vorentoe te beplan. Die wêreld van sang en vermaak bruis binne elke deel van my en ek is ongelooflik opgewonde oor ‘Asemloos’, die uistekende terugvoer wat dit tot dusver ontvang het en ook die vooruitsig van ‘n solo-album!”, sê sy.

Die talente van Liezel Pieters is op die treffers van legendes op topklas-verhoë gevorm en sy is, sonder twyfel, een van dié helderste opkomende sterre om dop te hou!

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Nuwe album ‘Onplaats’ deur Andries Bezuidenhout

“Onplaats” is Andries Bezuidenhout se derde solo album. Dit bevat twaalf oorspronklike komposisies, waarvan die …

Dozi vier meer as twee dekades in die musiekbedryf met ‘n nuwe album!

DOZI se splinternuwe album, VREDE is pas bekendgestel en dit is ’n versameling snitte wat …

4 kommentaar

  1. UITSTEKEND!!!!!!!!!!!!!!

  2. UTSTEKEND…..JY MAG MAAR SING!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  3. Baie baie baie mooi stem

  4. Baie baaaaaaiiiieee mooi stem

Leave a Reply

Your email address will not be published.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.