Friday , August 7 2020
warmmusic.net

Herontdek die liefde in somer son

As jy lief is vir Afrikaans en hou van rolprente, veral waar komedie, drama en romanse mekaar komplementeer, kan jy met reg uitsien na die 8ste Mei. Want dis wanneer Somer Son, die splinternuwe Afrikaanse rolprent met Bok van Blerk, Hanna Grobler, Juanita de Villiers en Reynard Slabbert in die rolverde- ling, in teaters landwyd begin draai. Somer Son poster 1

En aangesien Moedersdag op die 10de Mei val, beloof dinge om sommer heel netjies uit te werk vir ‘n baie spesiale gebeurtenis.

Somer Son vertel die verhaal van ‘n paartjie wat na vyf jaar van getroude lewe besluit om bietjie weg te breek Mosambiek toe om die liefde net weer so bietjie aan te wakker. Hulle en nog ‘n verliefde paartjie ondervind egter motor- probleme in gietende reën en eindig gestrand op in die vreemde.

Wanneer hulle genoodsaak is om skuiling te soek in ‘n huis daar naby, kon niks hulle voorberei op die avontuur van ‘n leeftyd wanneer hulle die eienaar van die gastehuis en sy vrou ontmoet nie.

Regie word behartig deur Clinton Lubbe, ‘n bekende fotograaf, kinematograaf van Die Nataniël Tafel Seisoen 4 en 5 en die regisseur van heelwat Afrikaanse musiekvideos. Die benadering tot die skiet en vervaardiging van Somer Son
is ook ‘n eerste in Suid-Afrika deurdat alles ‘groen’ gedoen was. Sonkrag is ingespan vir die verfilming en heelwat navorsing is gedoen oor groen-energie oplossings wat ingespan kon word tydens die produksieproses.

So, terwyl Somer Son geen skadelike voetspore agtergelaat het in die natuur of omgewing nie, kan liefhebbers van Afrikaanse film maar weet dat die film beslis diep voetspore gaan trap in die harte van almal wat al ooit verlief was.

Kyk gerus na die lokprent hier:

https://www.youtube.com/watch?v=BGNFDqCao20

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Seisoen 5 van Getroud met Rugby!

Seisoen 5 van Getroud Met Rugby het op 20 Julie 2020 op ’n hoë noot …

Teksmark word vanjaar vir die vyfde keer aangebied

“Teksmark word vanjaar vir die vyfde keer aangebied en dit is ’n wonderlike vooruitsig in …

8 kommentaar

  1. Waar kan ek die “sound track” vir die fliek Somerson kry? uitstekende songs….

  2. Hi Magda,

    Baie dankie vir jou terugvoer op my webblad 🙂

    Jenny, kan jy moontlik vir Magda help? Sy is opsoek na die klankbaan (of daar een gaan wees) van die fliek “Somerson” waarvoor jy die bemarking en PR gedoen het?

    Dankie Jenny!

    Groete

  3. Ek stel ook belang in die soundtrack asb en dit was n AWESOME movie!

  4. Hi julle jammer ek is biekie laat eerstens dit is n great fliek maar ek will baie graag die klankbaan ook he ek is mall oor die musiek

  5. Hi julle,

    Net so bietjie terugvoer. Die titel liedjie van Somerson word gesing deur Christoph Kotze. As julle die liedjie wil bekom kan julle Afrikaans is Groot Volume 8 aankoop. Hy sing dit onder die naam Apple – Somerson. Hoop dit help!

  6. Hallo Pieter,

    Ek is op soek na die heel eerste liedjie wat in Somerson fliek gespeel het. Dis ‘n engelse liedjie.
    Hoop jy kan my help.

    Weskus groete
    Jana

  7. Waar was somerson geskied?

  8. Hi Eugene, meeste van die tonele was in Mosambiek geskiet. Nie 100% seker waar in Mosambiek nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.