Sunday , May 31 2020
warmmusic.net

VASKAP Nou ook op etv

Ons hier by VASKAP en ASTV het baie groot nuus vir die hele hengelbedryf en vir alle henglaars in Suid-Afrika. Soos baie van julle weet, is VASKAP ‘n hengelprogram wat op ASTV uitsaai._MG_7241-18

ASTV (Afrikaanse Satelliettelevisie) is die amptelike Afrikaanse TV-kanaal wat op die Openview HD dekodeerder beskikbaar is. Openview HD word besit deur etv. Etv het ‘n baie groot en belangrike besluit geneem en so het die eerste Afrikaanse program op etv , Musiek Musiek, die lig gesien.
Die beste en grootste nuus vir ons hengelaars ooit is – VASKAP gaan eersdaags op etv uitsaai!
Vroeg in Februarie, elke Sondag om 11h00 sal VASKAP op etv uitsaai vir almal om te sien.
Of jy nou ‘n Openview HD, StarSat, DSTV-dekodeerder of net ‘n draadhanger op jou dak het, jy sal VASKAP kan kyk!
VASKAP gaan in die tradisionele manier, soos die afgelope paar jaar, voortgaan en hengelprogramme regoor die land verfilm. Dit gaan natuurlik vir ons ‘n
groot aanpassing wees, omdat ons basies
weer van voor af gaan begin met al ons tegnieke, knope, stroppe en aanbiedinge.
VASKAP is ‘n TV-program wat bietjie anders as ander hengelprogramme. Ons wys hoe, wat, waar en wanneer ons die visse vang en ons leer ons kykers om dit reg te doen. Ons maak dit maklik en ons wys julle alles!
Hou asb die media dop.
Veral VASKAP TV PROGRAM se Facebook blad vir nuus en die amptelike uitsaaidatum. Vertel almal wat hengel en moenie ons eerste program misloop nie!

Let wel: Die uitsending op ASTV bly steeds dieselfde. Die premiere progam sal dalk verskuif na ‘n ander dag, maar VASKAP is een van die dae op etv en ASTV te sien! (Dieselfde program sal dus op etv en ASTV weekliks gewys word).

ASTV NEW LOGO 06

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

PJ Powers & Tygerberg Children’s Choir release video tribute “World in Union”

The Suidooster Festival would have concluded its 17th annual run as Cape Town’s number one …

Kameras begin rol op kykNET-sepiestelle

Die TV- en filmindustrie is stadig maar seker besig om in produksie te gaan in …

Een kommentaar

  1. Hoeveel gaan dit kos om n nuwe produk op jou program te adverteer

Leave a Reply

Your email address will not be published.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.