Monday , April 6 2020

Afrikaanse Musiek

Dans Dans Lisa stel nuwe lied bekend!

Op 29 Februarie 2020 vanjaar het die akoestiese duo DANS DANS LISA ’n splinternuwe EP, toepaslik getiteld SKRIKKELJAAR vrygestel. Sewe jaar sedert die vrystelling van hul laaste album, het die duo – bestaande uit Deon Meiring en Bouwer Bosch – ook die eerste enkelsnit en musiekvideo van die EP vrygestel, …

Lees meer

“Ek wou elke fase van verlief-wees vasvang”, sê Valeska oor nuwe musiekvideo!

Die liefde blom behoorlik in Valeska Muller se splinternuwe musiekvideo wat reeds besig is om soos ’n veldbrand op sosiale media te versprei. NABY MY NABY JOU, haar nuutste enkelsnit, is ’n pragtige moderne ballade, wat dit regkry om die euforiese gevoel van die liefde vas te vang. Dis ’n spanpoging deur …

Lees meer

Marius Lubbe stel eerste musiekvideo vry!   

Marius Lubbe het onlangs sy heel eerste enkelsnit, DIS WAT SAAK MAAK, vrygestel en dit is ongelooflik goed ontvang. Dié lekkerluister-popliedjie (uit die pen van Vaughan Gardiner) kan nie net gehoor word op verskeie groot radiostasies nie, maar is ook vir meer as twee agtereenvolgende weke aangewys as Groot FM …

Lees meer

Nog ’n komiese musiekvideo vir Robbie Wessels!

Enkele weke nadat Robbie Wessels se musiekvideo vir sy enkelsnit, Khoi and Son, vroeg in Februarie 2020 vrygestel is, is dit reeds meer as 200 000 keer op YOUTube gekyk. Robbie dra met humor die boodskap oor dat alhoewel jag oor die algemeen belangrik is vir verskillende redes, moet die …

Lees meer

Corne Louw vier sy beter helfte in nuwe enkelsnit!

“Die liedjie gaan oor iemand wat op breekpunt is. Dan kom daar ’n persoon in sy lewe wat hom opbou en help om weer mens te wees,” verklap Corne Louw oor die betekenis agter sy derde enkelsnit, wat vanaf vandag, 27 Februarie 2020 aan plaaslike radiostasies uitgereik word. DIE BESTE …

Lees meer

Rooksein tree uit hulle gemaksone met nuwe enkelsnit!

Rooksein maak al opslae vandat hulle in 2018 saam begin optree het. Sedertdien, het dié talentvolle driemanskap vier suksesvolle liedjies opgeneem en op dieselfde verhoë verskyn as groot name soos Francois van Coke, Sunset Sweatshop, Shortstraw, Bouwer Bosch, Brendan Pyper, Almero, Appél, Theuns Jordaan, Deon Groot, Dewald Wasserfall en Tussen …

Lees meer

Liani Reynolds se Mossie kry ‘n musiekvideo!

Liani Reynolds het sedert die vrystelling van haar debuut-album, Ligsoom, in 2019 sommer baie diep in musiekliefhebbers se harte kom kruip. Nie net omdat die stories wat sy met haar musiek vertel so kosbaar is nie, maar ook omdat haar stem en styl luisteraars boei totdat die laaste noot wegsterf. …

Lees meer

Petronel Baard se Heelal hou net aan met draai.

In die paar maande sedert die suksesvolle vrystelling van haar nuuste enkelsnit, Life is Good, het die kabaretster, Petronel Baard, nog net van krag-tot-krag gegaan. Dié liedjie, wat in Oktober verlede jaar uitgereik is, is uitstekend ontvang en het bo-aan die treffersparades van verskeie radiostasies gekuier, dit terwyl die musiekvideo …

Lees meer

Aitsa- Bekroonde musikant voltooi laaste stukkie van legkaart met nuutste vrystelling!

Danny Smoke se geheimsinnigheid maak hom onweerstaanbaar vir sy aanhangers en met sy smeulende en ennergieke lewendige optredes verower hy tans harte reg-oor Suid-Afrika. Sy musiekvideos en liedjies is sexy en lekkerluister-musiek, waarby gehore oraloor aanklank vind en al is van sy videos al ’n keer of wat as ietwat …

Lees meer