Woensdag , Maart 27 2019
Home / Afrikaanse Musiek / 4 Werke – Suid-Afrika se gunsteling gemengde viertal is terug!

4 Werke – Suid-Afrika se gunsteling gemengde viertal is terug!

4 Werke – Suid-Afrika se gunsteling gemengde viertal – is gerat vir selfs groter sukses met hul splinternuwe vrystelling, “4BY4” – ‘n album wat slaggereed is om enige terrein aan te vat en die hoogste pieke te verower!

Hulle is elkeen groot Suid-Afrikaanse gunstelinge en topverkopers in eie reg, maar Ray Dylan, Liezel Pieters, Nicholis Louw en Elizma Theron span weereens hul stemme saam vir ‘n blinknuwe, energiebelaaide album wat selfs meer skop het as net die somtotaal van dié vier uitsonderlike talente.

Hierdie 13-snit album bars uit sy nate van eersteklas-lekkerkry met polsende ritmes wat liggaam en siel roer en‘n kleurryke vermenging van pop, techno, rock en selfs ‘n tikkie country wat pasgemaak is vir dié vier se Moeiteloosmeesleurende harmonieë.

Die oorgrote meerderheid van snitte – soos die titelsnit, asook “Hart”“Hittete”“Bietjie meer van jou” en “Ek soek nie jou lyf nie” – leen hulself góéd tot ‘n lekker vinnige dans, terwyl liedjies soos “Voorbrand voor die vuur brand”“Water in wyn” en “Gravitasie” die tempo ‘n bietjie ontspan, maar steeds die aansteeklike vuur van die album perfek behou.

Vier topklas Engelse bederwe – “Naked” van The Shires, “Highland” van One More Time, “I totally miss you” van Bad Boys Blue en die speelse, club-reggae treffer “Particula” van Major Lazer en DJ Maphorisa – word geklee in 4Werke-oemf en draai die temperatuur van dié album selfs nog ‘n kerf op!

Die album is ‘n móét vir enige partytjie-deuntjieversameling en is nou landswyd beskikbaar.

Hier is hulle heel eerste enkelsnit vanaf hulle nuwe album, HART.

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Deon Groot vier goeie tye!

Ons lewe in moeilike tye, met soveel probleme en bekommernisse en dis dikwels moeilik om …

Nuwe Afrikaanse Duo stel eerste enkelsnit vry!

SKEMER, ‘n nuwe Afrikaanse man- en vrou-duo, het pas hulle heel eerste enkelsnit vrygestel en …