Friday , February 26 2021

30 Desember 2015 Maroela Media Afrikaanse Top 20

Baie welkom by die week se spesiale Maroela Media Afrikaanse Top 20. Die week deel ek met jou die top 20 treffers van 2015. Ek wil ook graag vir jou dankie se vir die afgelope jaar se saam luister en ek sien verskriklik uit om die nuwe jaar saam met jou in te gaan.

Ek wens graag vir jou en jou familie net die b este vir 2016. Glo, vertrou en droom groot – dis my wens vir jou vir die nuwe jaar wat aan ons gegun word.

Soos ek genoem het, is die week se Maroela Media Afrikaanse Top 20 ’n baie spesiale program, ek deel met jou die top 20 treffers van 2015. Ek nooi jou uit om die volgende uur saam met my te spandeer, baie welkom ek is Pieter Cloete.

2015 was ook die jaar wat ons totsiens gesê het vir twee groot name in die Afrikaanse musiek bedryf en ek bring hulde aan Fredi Nest en Radall Wicom in die week se bonus insetsel.

die week se Maroela Media Afrikaanse Top 20 is saamgestel deur Daantjie Badenhorst ’n joernalis vir Maroela Media.

Maroela Media is ’n vinnig groeiende Afrikaanse nuus platform en nou ook die tweede grootste in Suid-Afrika en hulle het ’n app (of soos ons Afrikaners sê ’n toepassing). So daar is geen verskoning om op hoogte van sake te bly, gratis en verniet natuurlik, op jy slimfoon waar ookal jy jouself bevind die kerstyd, hetsy langs die strand in Margate, in die magiese karoo (as daar selfoon opvangs is) or in jou huis as jy Jan tuis bly se karretjie ry. Dis nuus, gratis en verniet op jou slimfoon. Gaan laai dit af in jou foon se toepassing winkel hetsy Apple of Android.

As jy op Twitter is, kom gesels gerus saam met my, jy kan my volg onder die naam @pietercloete En, as jy op hoogte van sake will bly met alle afrikaanse musiek nuus, gaan teken gerus in op my weeklikse nuusbrief via my webblad pietercloete.com.

Hier is die Top 20 treffers van 2015:

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

25 Augustus 2017 Maroela Media Afrikaanse Top 20

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top 20 is daar 8 snitte wat styg, 9 …

18 Augustus 2017 Maroela Media Afrikaanse Top 20

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top 20 is daar 9 snitte wat styg, 8 …