Woensdag , November 14 2018
Home / Afrikaanse Musiek / 2ndLife stel splinternuwe enkelsnit en musiekvideo bekend!

2ndLife stel splinternuwe enkelsnit en musiekvideo bekend!

Hou vas jou hart!  2ndLife het pas ‘n splinternuwe enkelsnit en musiekvideo, WIE EK IS, bekendgestel!  Hierdie liedjie en video met rou, emosionele woorde, deur een van Suid-Afrika se mees geliefde sangers, BOON, gaan verseker die hartsnare roer!

BOON ontbloot sy eie sielsvrae en lewenspad in die hoop om mense wat met soortgelyke storms in hulle lewens worstel te motiveer en te inspireer.  “Die liedjie gaan oor daardie innerlike stryd met jouself.  Ek was op die verkeerde pad, maar toe ek besef ek moet my lewe verander, toe gebeur dinge wat net goed is met my.  Vanaf die dag wat ek myself aanvaar het en van myself begin hou het was dinge anders”,BOON.

Hierdie pop/rock liedjie is geskryf en gekomponeer deur 2ndLife in samewerking met twee van Suid-Afrika se beste liedjieskrywers, Zanda Traut en Monica Maree en die lekker ritme en melodie gaan verseker in jou kop vassteek.  Sean Manley van Manley Studios het gesorg vir die uitstekende vervaardiging van die lied.

Zanda sê: “Ek en Monica maak sowaar ‘n wonderlike span!  Ons het vir BOON ontmoet en dadelik aan die skryf gekom.  Hy het dadelik geweet dat hy ‘n opgewekte, positiewe lied wou hê wat ander sal inspireer.  In gesprekke oor sy lewe kon ons agterkom dat hy duidelik nóú weet wie hy is, maar dat hy ook maar daardie stryd met homself gehad het om te bepaal wie hy is en of hou hy van wie hy is.”

Die musiekvideo is verfilm by Serengeti Estates, Kempton Park deur Cinastage Universal en word nou saam met die enkelsnit uitgereik.

ndLife het een doel voor oë en dit is om musiek te maak waarvan almal kan hou.  En hierdie liedjie is een van hulle wat sal hoop bring en nog groot hoogtes gaan bereik.

Hoop en vergifinis, deur die oë van ‘n kind.  Glo soos ‘n kind en hou vas aan hoop.  Dit maak nie saak wat jou omstandighede is of wat in jou lewe gebeur nie”. –  BOON

SOSIALEMEDIASKAKEL

Facebook

Twitter: @2ndlifeband

Instagram: @2ndlife band

YouTube

Webblad

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

David Fourie se liedjie “Jy soen soos ’n engel” in Nederlands

Wat dink jy van Jaimy se weergawe van David Fourie se liedjie? Deel jou kommentaar …

Straatligkinders is terug!!

Ses jaar sedert die vrystelling van hul vorige album, het die bekende oorspronklike Potch rock-groep …