Pieter Cloete

Honours student (Wits)

Blogger

Music data

Charts

Radio

Afrikaans music

Pieter Cloete
Pieter Cloete
Pieter Cloete
Pieter Cloete
Pieter Cloete
Pieter Cloete

Honours student (Wits)

Blogger

Music data

Charts

Radio

Afrikaans music

Blog Post

2020 wine & food tourism-vereerdes toon ware vasberadenheid in die aangesig van die pandemie

September 26, 2020 Food & Wine
2020 wine & food tourism-vereerdes toon ware vasberadenheid in die aangesig van die pandemie

“Daar’s niks soos ’n krisis om die verstand te fokus nie,” sê die toerismekenner, Margi Biggs, sameroeper van die Wine & Food Tourism Awards, nou in sy tweede jaar. Biggs het gepraat tydens die aankondiging van vanjaar se vereerdes.

“Wanneer die volle basis van jou onderneming onder jou uitgeruk word, fokus jy òf vinnig òf jy misluk. Die nege vereerdes van 2020 het elkeen op hul eie ’n merkwaardige vlugheid, kreatiwiteit en dinamiek getoon in reaksie op die beperkings wat Covid-19 afgedwing het.”

Wat baie bemoedigend was, aldus Biggs, was dat vanjaar se inskrywings bestaan het uit ’n kombinasie van sowel opkomende as gevestigde toerismeverskaffers van Kaapstad tot Stellenbosch, Somerset-Wes, Franschhoek, die Swartland en die Overberg. “Dit dui daarop dat die buigsaamheid en toerisme-uitnemendheid wat die beoordelaars teëgekom het, nie beperk is tot ’n spesifieke streek of tipe toerismeverskaffer nie. Ons meen dit is baie positief vir die toekoms van die land se wyn- en kostoerismebedryf.”

Die voorsitter van die beoordelingspaneel, Jean-Pierre Rossouw, uitgewer van Rossouw’s Restaurants en die Platter’s South African Wine Guide, sê wat veral opmerklik was, was hoe die terugslae wat die pandemie ontketen het, nie toerismeverskaffers se innovasie kon stuit nie. “Inteendeel, hulle het daarin geslaag om hul aanbiedings te verbeter, hulself meer toeganklik gemaak en standaarde verhoog. Dit spreek boekdele vir hul bereidwilligheid en kapasitieit om aan te pas.”

Rossouw het toerismeverskaffers aangeraai om op drie sleutelelemente te konsentreer om nie net aan die gang te bly nie, maar om te floreer in hierdie volgehoue onseker tye. “Stap een is om jou kernbelofte aan kliënte of die punte van verskil te heroorweeg. Vra jouself: is jy steeds tevrede met jou onderneming se sukses? Is wat jy doen steeds voldoende uniek of relevant?

“Tweedens, wanneer jy duidelikheid het oor jou kernbelofte, konnekteer weer met jou sleutelmarkte – jou aanhangers, jou poslys en jou terugkeerkliënte. Herrinner hulle aan wie jy is en wat jy bied. Hulle is jou ambassadeurs en dus jou beste ‘bemarkers’. Nooi hulle uit om terug te keer of om met jou kontak te maak deur jou ander kommuniksiekanale.

“En en slotte, maak absoluut seker dat al jou eerste kontakpunte, van jou webblad tot jou telefoonlyne, jou epos en selfs jou voordeur duidelik reflekteer wie en wat jy is en waarvoor jy staan. En doen dan alles in jou vermoë om te verseker dat wat jou kliënte van jou glo, in lyn is met die beeld wat jy wil uitstuur.”

Die 2020-vereerdes in elke kategorie is:

Die Vinpro-toekenning vir “die eg Suid-Afrikaanse ervaring”

AA Badenhorst Family Wines, Swartland

Leopard’s Leap, Franschhoek

Upper Bloem Restaurant, Kaapstad

Innovasie

Benguela Cove, Walkerbaai, Overberg

Creation Wines, Hemel-en-Aarde, Overberg

La Motte, Franschhoek

WWF-bewaringsleiers

La Motte, Franschhoek

Spier, Stellenbosch

Vergelegen, Somerset-Wes