Friday , February 26 2021

2015 is FRANCOIS VAN COKE se jaar

Die tyd kom nader.  

Een van die grootste Suid-Afrikaanse musiekvrystellings van 2015 is oor agt weke hier. Francois van Coke gaan aan die begin van April sy debuut solo album bekend stel.

“Ek dink dit is beslis anders as Van Coke Kartel en Fokofpolisiekar. Ek wou iets doen wat getrou aan myself is, baie persoonlik en nie beperk is tot ‘n sekere musiekstyl nie.” Francois van Coke

Francois het saam met ou en nuwe vriende gewerk met die maak van hierdie besonderse album. Bekende name sluit Jedd Kossew, Karen Zoid, Laudo Liebenberg, Hunter Kennedy en Arno Carstens in. Die album word uitgereik deur Supra Familias en gaan bekend gestel word by KKNK in Oudtshoorn in April, gevolg deur ‘n nasionale toer.

7”VINYL OMSLAG – Fotograaf: Hayden Phipps

In aanloop tot die solo album se vrystelling, sal Francois saam met Permanent Record ‘n 7” kortspeler-plaat op 20 Feburarie 2015 uitreik waarop sy eerste enkelsnit, Moontlik Nooit, en ‘n eksklusiewe akoestiese snit, Skree, op Kant B gaan verskyn. Op dieselfde dag sal hy Moontlik Nooit gratis vanaf sy webwerf beskikbaar maak.

Kant A

Moontlik Nooit bewys Francois se vordering en vooruitgang as skrywer en musikant, en lê in beton sy plek as leier van die Suid-Afrikaanse rock ‘n roll koninklikes.

Lirieke:

“Is daar enigiets vir ons oor?
Tyd raak min en ek weet
Ek gaan moontlik nooit die antwoord hê nie.” 

Kant B

Die B-kant bevat ‘n akoustiese weergawe van die liedjie, Skree, wat eksklusief op die plaat te kry is. Hierdie weergawe van Skree was spesifiek opgeneem vir die 7″ kortspeler.

Die kortspeler kan nou vanaf Permanent Record vooruit bestel word.

Moontlik Nooit 7” Single Bekendstelling Toer:

Tydens hierdie toer gaan Francois van Coke en Jedd Kossew drie nuwe liedjies van die komende album, tesame met Fokofpolisiekar and Van Coke Kartel treffers, opvoer.

Datum: 20 Februarie 2015

Program: Francois van Coke & Jedd Kossew

Plek: Die Boer, Durbanville

Adres: Chenowethstraat 6

Besprekings: 021 979 1911

Vertoning: 20h00

Kaartjies: R120

Datum: 21 Februarie 2015

Program: Francois van Coke & Jedd Kossew

Plek: Berties, Gordonsbaai

Adres: The Boardwalk, Harbour Island

Besprekings: 021 856 3438

Vertoning: 20h00

Kaartjies: R50

Datum: 24 Februarie 2015

Program: Francois van Coke & Jedd Kossew

Plek: Grid & Grill, Benoni

Adres: 80 Pretoria Rd, Rynfield

Besprekings: 011 849 8845

Vertoning: 20h00

Kaartjies: R50

Datum: 25 Februarie 2015

Program: Francois van Coke & Jedd Kossew

Plek: Café Barcelona, Pretoria

Adres: Hoek van Delmas- & Barnanrdstraat, Elardus Park

Besprekings: 012 345 3602

Vertoning: 20h00

Kaartjies: R80

Datum: 26 Februarie 2015

Program: Francois van Coke & Jedd Kossew

Plek: Mystic Boer, Potchefstroom

Adres: James Morokastraat

Vertoning: 20h00

Kaartjies: R40

Datum: 27 Februarie 2015

Program: Francois van Coke & Jedd Kossew

Plek: Aandklas, Pretoria

Adres: 498 Hildastraat, Hatfield

Vertoning: 20h00

Kaartjies: R40

Datum: 28 Februarie 2015

Program: Francois van Coke & Jedd Kossew

Plek: The Horse & River, Vanderbijlpark

Adres: 38 Chopinstraat

Vertoning: 20h00

Kaartjies: Free

April Album Bekendstelling Toer:

8 April: Cape Town album launch, Plek TBC

9 April: KKNK, Oudtshoorn

10 April: KKNK, Oudtshoorn

11 April: KKNK, Oudtshoorn

14 April: Aandklas, Stellenbosch

15 April: Mystic Boer, Bloemfontein

16 April: Mystic Boer, Potchefstroom

17 April: Arcade Empire, Pretoria

18 April: Rumours, Johannesburg

19 April: Atterbury Theater, Pretoria

24 April: Die Boer, Durbanville

SKAKELS:

Webtuiste: http://francoisvancoke.co.za

Twitter: @FrancoisVanCoke

Facebook: https://www.facebook.com/francois.vancoke

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Brendan Peyper – Dis alles jy nuwe enkelsnit!

Met meer pret en lighartige liedjies soos “Lekkerder op my Trekker” en “Vasdanslyf ” op …

10 miljoen trefslae vir Boerepompie!

Op 7 April 2020 word die treffer Hardekole (Ricus Nel ft. Refentse, Adam Tas & …

Leave a Reply

Your email address will not be published.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.