Woensdag , Augustus 15 2018
Home / Afrikaanse Musiek / 20 jaar vir Juanita du Plessis!

20 jaar vir Juanita du Plessis!

Die blinkste ster aan die Suid-Afrikaanse musiek-uitspansel is ons eie Platinum prinses, Juanita du Plessis. Sy is lank reeds gekroon as ons land se top Afrikaanse vroue-kunstenaar en sy gaan nie gou van haar kroon afstand doen nie.

Juanita se roemryke loopbaan het in 1998 afgeskop met haar debuut-album “Juanita” . In dieselfde jaar wen sy verskeie toekennings en dit was toe reeds duidelik dat Juanita se liedjies wèrk! Na baie gebede en wag verskyn haar tweede album “Ek en jy”, Ska-Rumba was die bonussnit. ‘n Suksesverhaal met vele mylpale word geskryf. ‘n Klompie skitterende, suksesvolle albums sien die lig en in 2003 word Juanita die eerste Afrikaanse sangeres wat die nr. 1 posisie op RSG se amptelike Top 20- treffersparade haal en drie weke agtereenvolgens bo- aan bly! (Die treffersparade behels beste verkopers in SA- plaaslik en internasionale albums)

In die volgende vyf jaar verander die meisie van Suidwes se lewe drasties. Die Du Plessis-gesin het intussen hul geboorteland, Namibië en Gobabis (hul tuisdorp vir 5 jaar – op daardie stadium) agter gelos en hulself gevestig in Pretoria. Nog albums sien die lig en Juanita herskryf weereens die rekordboeke toe haar algehele verkoopsyfer in 2010 die 1.6 miljoen merk bereik. Haar tweede Gospel-album, “Vlieg Hoog” (2007), is aangewys as die Top Afrikaanse Gospel- verkoper van alle tye.

In 2012 behaal Juanita ‘n mylpaal wat sy nooit vir haarself kon indink nie. Sy word die eerste kunstenaar in die Afrikaanse geskiedenis om 2 000 000 albums in Suid-Afrika te verkoop. Haar verkope is tans meer as 2.5 miljoen.

Juanita du Plessis se loopbaan spreek van roemryke prestasies, kosbare mylpale, nederigheid en toewyding, en die toekennings op haar kerfstok oortref diè van die meeste kunstenaars in Suid-Afrika.

WIE IS JUANITA?

Gebore: 26 April in Windhoek (Namibië)

Skool: Laerskool Suiderhof en Windhoek Hoërskool, in Windhoek.

Naskool: Gekwalifiseer as sekretaresse. Het vir ‘n vervoermaatskappy in Windhoek gewerk en vanaf 1996 was sy net ‘n gewone huisvrou toe hulle Gobabis toe verhuis het.

Gesin: Juanita is ‘n gesinsmens en haar gesin is vir haar baie belangrik en kosbaar. Sy en haar man, Doepie, spog met drie pragtige kinders: die tweeling, Mario (seun) en Franja (dogter) en ouboet Ruan

Lengte: 1.78m

Skoengrootte: 8

Karakter: Juanita is ‘n diep gelowige, ambisieuse, saggeaarde en liefdevolle mens.

Brooshede: Sy erken self: “Ek’s nie goed met die hantering van afbrekende kritiek, onregverdigheid, hartseer en verdriet nie. Ek is maar ’n baie sensitiewe mens… Maar deur die jare het ek al geleer hoe om dit te hanteer en probeer ek altyd die positiewe in elke situasie soek! Maar alle antwoorde op vrae is in die Bybel; dis my anker.”

Swakhede: “Ek is al van kleins af baie kleinserig met my hare! En ek is doodbang vir vlermuise, rotte, “roman” spinnekoppe en baie diep water…

JUANITA DIE MENS
“Ek is ‘n doodgewone vrou; ‘n ma wat elke dag my droom en passie lééf! Ek is ontsettend dankbaar vir wie ek is, waar ek is en wat ek het… Ek wil elke dag die instrument wees om mense aan te raak deur my musiek, hetsy om hulle te laat lag, te laat huil, te bemoedig of net beter te laat voel oor die lewe en dalk ‘n bietjie hoop te kan gee. Dit is ‘n geweldige voorreg en eer om hierdie instrument in God se hande te kan wees. Ek glo dit is my uiteindelike skeppingsdoel hier op aarde.”

Juanita se bewonderaars beskryf haar as stralend, vriendelik, pragtig, opreg, eerlik, bemoedigend, vertroostend, inspirerend, belangstellend, bedagsaam, ’n rolmodel, ‘n liefing… ‘n engel! Haar familie en vriende beskryf haar as Godvresend, saggeaard, deernisvol, liefdevol, innoverend, professioneel, vasberade, doelgerig en ‘n voorbeeld van nederigheid.

DISKOGRAFIE
CD’S
Young Hearts (1998)
Ek en Jy – Ska-Rumba (2000) Dis Waar Ek Wil Wees (2002) Jy Is… (2003)
Altyd Daar (2004)
Bly by my (2005)
Jou Skaduwee (2006)
Vlieg Hoog (2007)
Volmaakte Kring (2007)
Bring jou Hart (2008)
10 Jaar Platinum Treffers (2008) Engel van my hart (2010)
Wees lig (2011)
Hart vol drome (2012)
Platinum status
3 x Platinum status Dubbel Platinum status 3 x Platinum status
3 x Platinum status
5 x Goud status
5 x Goud status
4 x Platinum status
3 x Platinum status
3 x Platinum status
4 x Platinum status
3 x Platinum status
3 x Platinum status Platinum status
Jy voltooi my (2012)
Country Hart (2013)
Nashville (2014)
Toe staan die wêreld stil (2015) Koningskind (2017) Kaalvoetkinners (2017)
DVD’s
In konsert op Haar beste (2004)
Altyd daar “Live” op Aanvraag (2006) Bring jou Hart – Theuns & Juanita (2007) 10 Jaar Platinum Treffers (2009)
Tydloos (2010)
Hart Vol Drome (2012)
Tydloos 2 (2016)

TOEKENNINGS
 1994 Liedjieskryfkompetisie Namibië Drie komposisies eindig in die Top 10
 1997 CMA Awards Beste sangeres
Beste liedjieskrywer
 1998 CMA Awards Beste sangeres
Beste liedjieskrywer
5 x Goud status Goue status
3 x Goud status Platinum status Platinum status Goue status
4 x Platinum status Dubbel Platinum status 5 x Platinum status
4 x Platinum status
3 x Goud status
Dubbel Platinum status
Spesiale Presidentsverering vir musikale uitblinker  2001 GMT Geraas-musiektoekennings
Liedjie van die jaar (Ska-Rumba)
Album en topverkoper van die jaar (Ek en Jy)
 2005 Huisgenoot Tempo-toekennings
Gunsteling vroulike kunstenaar / Stylvolste sangeres
 2006 Huisgenoot Tempo-toekennings
Gunsteling vroulike kunstenaar / Stylvolste sangeres
 2006 Vonk-toekennings
Beste vroulike kunstenaar van die jaar
 2007 Huisgenoot Tempo-toekennings Gunsteling vroulike kunstenaar
Beste DVD van die jaar (Altyd daar Live) Beste gospelalbum van die jaar (Vlieg hoog) Gunsteling gospelkunstenaar van die jaar
 2007 Vonk-toekennings
Beste vroulike kunstenaar van die jaar Beste album van die jaar
 2008 Kanna-toekenning
Bring jou Hart (saam met Theuns Jordaan) vir beste produksie by Die Musiekplaas: KKNK
 2008 Huisgenoot Tempo-toekennigs
Gunsteling vroulike kunstenaar
Gunsteling DVD (Bring Jou Hart met Theuns Jordaan)
Liedjie van die jaar: Mengelmoeskardoes
Top verkoper van die jaar (Volmaakte kring)
 2008 Vonk-toekennings
Beste verkoper van die jaar Gewildste vroulike kunstenaar
 2009 SAMA-toekennings
Beste Afrikaanse DVD (Bring jou hart met Theuns Jordaan)
 2009 Tempo-toekennings Gewildse vroulike kunstenaar Liedjie van die jaar
 2010 Finesse Inspirasie vrou Inspirasie vrou van 2010
 2010 SAMA-toekeninng
Beste afrikaanse DVD (10 Jaar Platinum Treffers “Live”)
 2011 SAMA-toekenning
Beste Afrikaanse Pop album (Engel van my hart) Beste vroulike kunstenaar
Topverkoper vir 2010 (Engel van my hart)
 2012 Tempo-toekenning
Topverkoper vir 2011 (Wees lig)
Gunsteling Gospel album van die jaar (Wees lig)
 2012 Ghoema toekennings
Beste geestelike album (Wees lig)
Topverkoper van 2011 (Wees lig)
Diamant toekenning – Beste afrikaanse verkoper in die geskiedenis van Afrikaanse musiek, met ‘n totale verkoopsyfer van: 1 897 171 cd’s
 2013 Ghoema toekennings
Beste pop album (Jy voltooi my ) Beste “live” DVD (Hart vol drome) Beste vroulike kunstenaar
 2014 ATKV Oorkonde Liedjieskryf toekenning
 2014 – 90.6 The Vaal’s hits Vir top 20 treffer
 2015 – OFM Music Awards – Toe staan die wêreld stil – Album van die Jaar
 2015 – NAMA Toekenning
 2016 – GHOEMA – Top Verkoper – Toe staan die wêreld stil
 2016 – TEMPO TOEKENNINGS – Top Verkoper – Toe staan die wêreld stil
 2018 – GHOEMA – Vroulike Kunstenaar van die Jaar

HOOGTEPUNTE
Juanita sê dat elke “eerste” ‘n hoogtepunt was, soos haar eerste goue album, die eerste platinumalbum, eerste dubbel platinumalbum, eerste Noot vir Noot, eerste Skouspel, eerste voorblad, ensovoorts. Haar top hoogtepunte tot dusver:
 Eerste goue album (2001: Ek en Jy)
 Eerste Huisgenoot Skouspel (2002)
 Eerste nommer een plek op die SA Top 20 (2003: Jy is). Sy was die eerste vroulike
kunstenaar wat dit kon regkry!
 Eerste tydskrifvoorblad (2002: Keur, saam met Kurt Darren)
 Eerste Noot vir Noot-optrede (2001)
 Haar ontmoeting met Joyce Meyer en die optrede by haar konferensie in Johannesburg
(2007)
 Albumverkope wat die eenmiljoenkerf tref! (2008)
 Die album Vlieg Hoog word die grootste gospelalbumverkoper nóg in Suid-Afrika; oor
die 180 000 enhede (2008)
 Die optrede by Loftus vir Jesus – met ‘n skare van oor die 72 000 mense
 Die album Volmaakte Kring – wat binne twee weke ná uitreiking dubbel platinumstatus
bereik het
 Die DVD (Bring jou hart) saam met Theuns Jordaan maak geskiedenis. Top verkoper DVD
van alle tye in Suid-Afrika!
 Die album (Engel van my hart) wen die SAMA vir beste popalbum en topverkoper (“dis
vir my ‘n hoogtepunt omdat ekself die regissieur van die hele album was”)
 Die Ghoema Diamant Toekenning vir beste Afrikaanse verkoper in die geskiedenis van
SA! (“Dis my grootste toekenning ooit!”)

JUANITA SÊ:
“’n Mens lewe net een keer! Daarom wil ek soveel daarvan moontlik geniet.”
‘n Paar van my lewensleuses:
“Moenie vorentoe kyk nie, moenie terugkyk nie, kyk op!”
“Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop!” “Sprei jou vlerke, vlieg hoog en wees lig!”

JUANITA – 20 JAAR IN SYFERS!!
 CD Verkope: 2 028 244
 DVD Verkope: 439 592
 Juanita Konserte: 2 128
 Kilometers gereis: 1 100 000
 Totale gehoor: 3 000 000 mense
 Toekennings: 3 Goue Toekennings, 58 Platinum Toekennings, 50 (Ghoemas, Tempos ens.)
 Top 10 Treffers: 82
 Nommer 1 Treffers: 34
 Youtube Kyke: 6 640 000
 Aanlyn Streams: 4 890 000 in slegs 3 jaar
 Tydskrif voorblaaie: 25 +

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Martin Bester wil net wees wie hy is, sonder toestemming!

Net wanneer jy dink dat Martin Bester jou nie nog meer kan beïndruk nie, verras …

Leon Gropp stel nuwe musiekivdeo op unieke wyse bekend!

Leon Gropp se eerste solo-enkelsnit, BAKENLIG, is reeds ‘n paar weke gelede met groot sukses …