Dinsdag , Oktober 23 2018
Home / Afrikaanse Musiek / 1925Band stel nuwe enkelsnit vry!

1925Band stel nuwe enkelsnit vry!

Die populêre broer-trio van die 1925Band, Reno, Jeff en David-Lee Gericke, het pas hul nuwe enkelsnit, Waarom, vrygestel.

Waarom, is geskryf deur ‘n familie-lid, Gert Steenberg (Stoney), terwyl Jeff ‘n paar jaar gelede daar gekuier het. “Almal het altyd baie vrae. Die grootste vraag is Waarom?. Waarom is die hemel blou, Waarom het ek die lied geskryf? Ons as band, vra gereeld, Waarom? Die lied herhinner ons dat die antwoord by jouself le – wie en wat jy wil wees. As jy jouself vra, dan word die antwoord gebore,” vertel David-Lee Gericke.

Waarom volg na vrystellings soos Eintlik Nogal Baie, Gedig op my Arm en Al Te Min Te Veel Gevra en Fynbos, wat steeds gereelde blootstelling op radio en televisie landswyd geniet. Hulle album, Eintlik Nogal Baie, is in 2017 vrygestel.

Die groep toer tans in Holland en doen ook landswye BeeGees Tribute vertonings wat baie gewild en in aanvraag is. Met hulle talent en uitstekende harmonie, bring hulle die skare behoorlik op hulle voete.

1925Band is geteken by Storm Rekordz en is gebasseer in die pragtige Kaap.

LIEDJIES OP DIE ALBUM

1.       Servette

2.       Fynbos

3.       Maak Dit Rerig Saak

4.       Gedig op Jou Arm

5.       Johny and the monkey

6.       Eintlik Nogal Baie

7.       Al Te Min Te Veel Gevra

8.       Emosionele Natuur

9.       Waarom

Bonus Snitte

10.   Ahora Que Lo Pienso

11.   Eintlik Nogal Baie (Koor Weergawe)

SOSIALE MEDIASKAKELS

Website

Facebook

Twitter

Instagram

YouTube

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

Blink klere en ‘n pianis agter op ‘n bakkie!

Rocco de Villiers se splinternuwe enkelsnit, Wat om te dra agter op ‘n Bakkie, is …

Early B reik enkelsnit uit saam met Jack Parow en Justin Vega

Die gewilde en bekroonde kletsrymer van Port Elizabeth, Early B, se spitsvondige lirieke en humoristiese musiekstaaltjies, …