1925Band sing van fynbos in nuwe enkelsnit

80

FYNBOS is die vierde enkelsnit wat nou bekendgestel word en is die groep se lied vir die Kaap. “As ‘n mens Kaap toe ry dan sien jy baie Fynbos. Een oggend het ons geïnspireerd opgestaan. Ons het buite op die balkon gesit met ‘n koppie koffie en na die natuur rondom ons gestaar. Ons het besef dat ons bang was vir die skuif Kaap toe, maar dat dit nie nodig was nie. Oral waar ons gaan bly die Kaap in ons harte. Mag die Kaap nog saam ons gaan, mag ons ook omdraai as die son gaan lê. En mag ons wegloop en weer terug huistoe gaan. Dit is ons nuwe stad. Ons nuwe huis. Want dit lê in die Fynbos as mens Kaap toe ry... sê David-Lee Gericke.

1925Band het lankal nie meer bekendstelling nodig nie! Dié drie broers is besig om die land aan die brand te sing en hulle album se amptelike vrystelling sal einde September in Pretoria en middel-Oktober 2017 in Kaapstad plaasvind!

Hulle eerste enkelsnit, Eintlik Nogal Baie, wat ook die temalied van die gewilde film, Eintlik Nogal Baie was en in Augustus 2016 bekendgestel is het die nommer een posissie op verskeie radiostasies in Suid-Afrika se trefferparades behaal. Daarna was Gedig op my Arm vrygestel, gevolg deur Al Te Min Te Veel Gevra.

1925Band bestaan uit drie musikale broers, Reno, Jeff en David-Lee Gericke en het ‘n platekontrak by Storm Rekordz. Hulle is gereeld in Pretoria vir optredes en het baie planne vir landswye en internasionale toere in die nabye toekoms. Hulle styl kan hoofsaaklik as akoestiese folk beskryf word en die harmonieuse manier waarop hulle stemme by mekaar inskakel, asook die gevoel wat in elke liedjie na vore kom, is juis wat hulle musiek so lekker maak om na te luister.

Volg gerus 1925Band op sosialemedia vir meer inligting.

SOSIALEMEDIA:

Facebook

Instagram:  @1925bandofficial

Twitter:  @1925band

Youtube

Webblad

 

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments