Vrydag , Julie 20 2018
Home / Afrikaanse Musiek / 1925band se nuutste musiekvideo is hier!

1925band se nuutste musiekvideo is hier!

Die populêre broer-trio van die 1925Band, Reno, Jeff en David-Lee Gericke, het pas hul vierde musiekvideo, Fynbos, vrygestel.

Fynbos, volg op vrystellings soos Eintlik Nogal Baie, Gedig op my Arm en Al Te Min Te Veel Gevra, wat steeds gereelde blootstelling op radio en televisie landswyd geniet.

Dié groep is versot op die Kaap en die video is ‘n uitbeelding van hoe asemrowend mooi en opwindend die Kaap vir hulle is.

Fynbos is vervaardig deur M4gic-J Entertainment en na-produksie is gedoen deur Havensight Entertainment. “Die musiekvideo is geskiet met die Osmo Gimbal in 4K wat nuwe tegnologies is. Ons het regoor Kaapstad verfilm en dit gekombineer met ‘n heerlike deelname van Laerskool Durbanville,” vertel Jarrod de Jong wat die regie behartig het.

Kyk die musiekvideo:

1925Band is geteken by Storm Rekordz en het in September 2017 hul album, Eintlik Nogal Baie, vrygestel.

LIEDJIES OP DIE ALBUM

  1. Servette
  2. Fynbos
  3. Maak Dit Rerig Saak
  4. Gedig op Jou Arm
  5. Johny and the monkey
  6. Eintlik Nogal Baie
  7. Al Te Min Te Veel Gevra
  8. Emosionele Natuur
  9. Waarom

Bonus Snitte

  1. Ahora Que Lo Pienso
  2. Eintlik Nogal Baie (Koor Weergawe)

SOSIALE MEDIASKAKELS

Website

Facebook

Twitter

Instagram

YouTube

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

BOON laat Weiveld ontplof met nuwe temalied!

Is dit Pitbull..?! Dalk Jack Parow..?! Nee wag, dit lyk mos soos Queen… of is …

Weiveld gaan ruk hierdie Vrydagaand!

Die bekende en sekerlik een van die grootste kuierplekke in Pretoria, Weiveld, gaan ruk en …