09 Junie 2017 Maroela Media Afrikaanse Top 20

132

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top 20 is daar 8 snitte wat styg, 9 wat daal en 1 wat onveranderd bly en 2 kunstenaars wat die week die top 20 betree.

VITO (Vito Heyn) ‘n kletsrymer van Okiep in Namakwaland maak sy toetrede die week op nommer 20. Sy nuutste musiekvideo is ook binnekort te sien te danke aan Bouwer Bosch en kykNET wat dit moontlik gemaak het. Sy produksie, Amper Famous, het sy debuut gemaak by vanjaar se KKNK onder leiding van David Kramer.

Len Muller maak ook die week sy toetrede die week op die Top 20 met ‘n splinternuwe enkelsnit, Sing vir sente. Dit is op sy langverwagte album wat binnekort op die rakke gaan wees.

Die week maak Liezel Pieters plek vir Elvis Blue op die gesogte nommer een posisie met Die Brug, wat ook die titel van sy nuwe album is.

Luister via iTunes: Klik hier.

Luister via iono.com

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments