Friday , February 26 2021

06 Feb 2016 Maroela Media Afrikaanse top 20 opsomming op ToeterTV

06 Feb 2016 Maroela Media Afrikaanse Top 20 op ToeterTV

Hi julle, baie welkom by die week se opsomming van die Maroela Media Afrikaanse Top 20 op toeterTV saam met my Pieter Cloete.Hierdie is ’n samevatting van die Maroela Media Afrikaanse Top 20 radio program wat ek aanbied wat weekliks op 12 radiostasies uitgesaai word. Jy kan na die Maroela Media Afrikaanse Top 20 Luister elke week op enige van die volgende radiostasies: Lichvaal Stereo 92.6, Uitsaaines, Caledon fm, 99,3fm Kosmos Stereo, Waterberg Stereo 91,6Fm – Nylstroom Studio, Radio Overberg fm, Knysna FM 97.0, Grensloos Internet Radio, Impala Internet Radio, Kalahari Stereo, PERRONFm en AfriFM. Vir die program skedule besoek my webblad pietercloete.comDie week styg 8 snitte, 8 daal, twee wat onveranderd bly en twee nuwelinge wat die week betree.Die Maroela Media Afrikaanse Top 20 word saamgestel deur Daantjie Badenhorst ’n joernalis vir Maroela Media.Gaan laai gerus Maroela Media se toepassing af as jy op hoogte van sake will bly met alle nuus op jou slimfoon. Besoek MaroelaMedia.co.za en laai sommer vandag hulle toepassing/app/toep wat ook al jy dit wil noem gratis/mahalla af. Dit kos jou niks nie en daar is ook geen subskripsie nodig nie. Nuus – gratis en verniet – maroelamedia.co.zaAs jy op Toeter is, is welkom om my te volg – Soek vir @pietercloete en kom toet saam! En, terwyl jy daar is, gaan volg ook sommer vir Fanie Nel op @AfrikaansM Afrikaanse Musiek nuus. Hier is die week se Top 20. 20. Candy Benson – Niks kan my keer nie is dit glad nie ’n goeie week nie, Niks kan my keer nie, val met 6 plekke na nommer 20.19. Andriette Norman – Bittersoek van liefde val ook die week, Bittersoet van liefde val met 3 plekke na nommer 19.18. Corlea – Laaste lied wat laas week se top 20 betree het op nommer 19 klim met een plek op na nommer 18.17. Jacqueline – Dis hier en nou betree die week se top 20 en staan alreeds op nommer 17.16. Wit Kasteel- Die Nostalgie val met een plek na nommer sestien.15. Joshua na die Reën – vir altyd het die top 20 betree laas week op nommer 18. Die week klim Vir Altyd met 3 plekke na nommer 15. Dit is ook die titel lied van die fliek met dieselfde naam waarin Ivan Botha en Donna-lee Roberts te sien is en dit open in teaters landswyd die 12de Februarie 14. Jak De Priester – Sporelied betree die week se top 20 op nommer 14! Dit is ook een van die liedjies op Beeskraal en vriende se volksliedjies cd. 13. Carla Oberholzer SA – Jy los my alleen verloor haar plek op die Top 10 en val met 3 plekke die week na nommer 13.12. Cordelia – Breek die stilte bly onveranderd die week op nommer 12.11. Suzanne – Belofte wat laas week haar verskyning gemaak het op die top 10 verloor ongelukig haar plek en val met 2 plekke na nommer 11.10. Elvis Blue – Al wat ek weet betree die week se top 10 op nommer 10. Al wat ek weet klim met drie plekke.9. DZL – Langpad val ongelukig met 3 plekke na nommer 9.8. Anton Goosen Liedjieboer – ’n Pawpaw vir my darling betree ook die week se top 10. ’n Pawpaw vir my darling klim met drie plekke en staan op nommer 8.7. Bobby Van Jaarsveld – Middernag Serenade klim met een plek na nommer 7 die week.6. Len Muller & Stef Bos – Sarie Marais val met drie plekke en verloor hulle nommer drie plek. Sarie Marie staan die week op nommer 6.5. Andriette & André Venter Musiek – Tot oneindig einde kry klim met 2 plekke na nommer 5.4. Kurt Darren – My wens vir jou klim met ’n skrale een plek die week na nommer 4.3. Carla Oberholzer – Wat maak ’n boer val die week met een plek terug na nommer 3.2. Sorina aka Flooze Fan Page- Hoofletters staan op die drumpel van die nommer een posisie… Hooffletter klim met twee plekke en staan op nommer 2.STINGBaie dankie aan Maroela Media en Daantjie Badenhorst vir die saamstel van die week se Top 20Laai Maroela Media se toepassing af te laai nie as jy op hoogte van sake will bly met alle nuus op jou slimfoon, in jou taal. Besoek Maroela Media.co.za en laai sommer vandag hulle toepassing gratis af.As jy enige terugvoer het oor die Top 20 laat hoor van jou – jy kan vir my ’n boodskap stuur op Twitter- soek vir @pietercloete, op Toeter (die afrikaanse sosiale media platform) of op my webblad pietercloete.com. Laat hoor van jou, sien uit na jou terugvoer!Baie dankie vir die saam kuier, ons maak weer so volgende week, hier op ToeterTVDis haar derde week op die nommer een posisie. Hier is Cordelia met Eerste woorde1. Cordelia – Eerste Woorde

Posted by Pieter Cloete – Radio en Afrikaanse Top 20 Aanbieder on Monday, February 8, 2016

Deel jou kommentaar | Share your comments here:

Persone se Kommentaar | Comments

Sien ook

31 Jan 2016 Maroela Media Afrikaanse Top 20 op ToeterTV

Hierdie is ’n samevatting van die Maroela Media Afrikaanse Top 20 radio program wat weekliks …

25 Jan 2016 Maroela Media Afrikaanse Top 20 op Toeter TV

Die Maroela Media Afrikaanse Top 20 op toeterTV:20. Irene-Louise Van Wyk en Elvis se Seun …