In die week se Maroela Media Afrikaanse Top 20 is daar 12 snitte wat styg, sewe wat daal en een nuwelinge en daar is ’n splinternuwe nommer!
Die week sê ons totsiens vir Pieter Koen met Die een ding wat ek doen.
Die week vertel ek vir jou ook meer so bietjie meer oor Suzanne en die week se bonus is ook een van haar liedjies genaamd Vuurbestand, dit net voor ek en jy met die Top 10 begin aftel.
Ek wil jou weer herinner dat as jy op hoogte van sake wil bly van Afrikaanse Musiek nuus volg my gerus op Twitter, Soek vir @pietercloete.
’n Spesiale dankie aan Maroela Media vir die week se Top 20.
Die Top 20 word saamgestel deur Daantjie Badenhorst, ’n vasvrakampioen en joernalis vir Maroela Media.
Jy kan ook Maroela Media se toepassing aflaai as jy op hoogte van sake will bly met alle nuus op jou slimfoon, in jou taal. Besoek MaroelaMedia.co.za en laai sommer vandag hulle toepassing gratis af.
Luister gerus na die week se Maroela Media Afrikaanse Top 20!